Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Werk aan pypleiding uitgestel

Inwoners van Johannesburg, Krugersdorp, Randfontein en ander dorpe aan die Wes-Rand, Vereeniging, Rustenburg en Sasolburg se krane gaan eersdaags toegedraai word.

Rand Water sê in ’n verklaring dié beplande instandhouding van 54 uur wat tot Woensdag sou duur, is tot verdere kennisgewing uitgestel.

“Dit gaan wel later gebeur,” sê Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water.

Die instandhouding behels dat tegnici ’n klep op die B11-pypleiding aanbring.

“Die Vereeniging-pompstasie se no. 4-stelsel word hierdeur geraak, en sal gesluit word. Dit is deel van ’n roetine-instandhoudingswerk,” sê Mohale.

’n Watertekort en lae waterdruk kan in die tydperk in sommige gebiede verwag word.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Randfontein  |  Johannesburg  |  Herstelwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.