Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Werk aan R63-pad by Amathole voltooi

Die onderhoudprojek van bykans R50 miljoen aan die R63 tussen Adelaide en Fort Beaufort in die Amathole-distriksmunisipaliteit is pas voltooi.

Die padoppervlakte het voor die opknappingswerk onder meer tekens van oppervlakte- en basisgebreke getoon, het Mbulelo Peterson, bestuurder van Sanral se suidelike streek, Vrydag gesê.

“Ons is bly om te kan aankondig dat ’n duursame, waterbestande en glybestande padoppervlakte veiliger toestande skep vir motoriste en voetgangers. Van die belangrikste werk het ingesluit herstelwerk aan die basis en groewe, die seël van krake, die seël van die oppervlakte met ’n nuwe dubbele bitumenseël, en ’n nuwe teerblad.

“Beskadigde heinings is ook vervang en nuwe padtekens aangebring,” sê Peterson.

As deel van die projek se gemeenskapsontwikkeling het Sanral ook randstene en sypaadjies herstel, en voetgangerpaadjies in Adelaide gebou.

“Die padagentskap het veilige plekke naby die ingang van Fort Beaufort gebou vir straatverkopers wat in die informele ekonomie sake doen. Voor die opgradering van hierdie deel van die R63, moes voetgangers noodgedwonge van die padskouers gebruik maak. Nou het hulle voetgangerpaadjies wat hulle van die motoriste skei.

“Tydens die projek het Sanral werkers van die plaaslike gemeenskappe in 12 opleidingswerkswinkels bemagtig en opgelei teen ’n gesamentlike bedrag van R256 000. Dit het ingesluit konstruksievaardighede, padmerking en die uitleg van sypaadjies,” sê Peterson.

Meer oor:  Padveiligheid  |  Motoriste  |  Padwerke  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.