Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Werker dood nadat sandwal op hom val

’n Man is Dinsdag in Chatsworth in Durban dood nadat ’n sandwal op hom geval het.

Garrith Jameson, RescueCare-woordvoerder, sê die konstruksiewerker is by hul aankoms weens se beserings dood verklaar.

“Die ongeluk het omstreeks 13:00 by ’n huis gebeur waar bouwerk gedoen is. Dit was ’n sandbank wat op die man geval het.”

Die polisie het bevestig 'n geregtelike doodsondersoek is begin.

"Die werker (41) het verskeie beserings opgedoen terwyl hy 'n keermuur by 'n huis help herstel het," het kol. Thembeka Mbele gesê.

Die toneel waar ’n konstruksiewerker dood is. Foto: RescueCare

Meer oor:  Werker Dood  |  Chatsworth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.