Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Werkloosheid in VS moet voorrang kry

Werkloosheid in die Vrystaat is die hoogste in die land, hou aan toeneem en die politieke wil om die probleem op te los bestaan nie, sê die VF Plus in ’n verklaring.

Tammy Wessels, ’n VF Plus-lid in die Vrystaatse wetgewer, sê volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse opname wat pas uitgereik is, het die werkloosheidsyfer in die Vrystaat vir opeenvolgende kwartale met 1.6 % gestyg.

Werkloosheid het van 32.8% in die eerste kwartaal vanjaar tot 34.4% in die tweede kwartaal toegeneem en daar is nou 26 000 minder werkgeleenthede vir Vrystaters.

Hierdie toename moet voor die deur van die ANC-regering gelê word weens die onsekerheid wat deur wanbestuur geskep is asook die ongunstige werkstoestande wat dié party se uitsprake skep, sê Wessels.

Net in die Vrystaatse landbousektor het werkgeleenthede met 22.3% afgeneem, sê sy.

Wessels sê roekelose en ondeurdagte uitsprake oor grondonteiening vir goedkoop politieke gewin en die algehele gebrek aan ondersteuning en behoorlike bestuur in dié sektor dra tot die ongunstige toestande by.

Die Vrystaatse regering, onder leiding van Sisi Ntombela, nuwe premier, behoort werkskepping as sy voorrangkwessie te beskou.

Goedkoop politiekery vir eie en partygewin en ander verkeerde prioriteite moet dringend uit die weg geruim word, sê Wessels.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Tammy Wessels  |  Vrystaat  |  Werkloosheid  |  Politiek  |  Vf-Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.