Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wes-Kaap gee miljoene maaltye vir honger mense

Die Wes-Kaapse regering het sedert die inperking begin het meer as 277 000 kospakkies, 8,5 miljoen maaltye vir skoolkinders en meer as 7,3 miljoen maaltye aan inwoners van die provinsie verskaf.

Die provinsiale regering sê die inperking het daartoe gelei dat baie mense nie meer kon werk nie en volgens Statistieke Suid-Afrika het meer as 300 000 mense in die Wes-Kaap tussen April en Junie hul werk verloor.

Gedurende hierdie tydperk het die Wes-Kaapse regering se inbelsentrum meer as 152 000 oproepe ontvang, met die meerderheid van mense wat voedselverligting of inligting oor maatskaplike verligting deur Sassa versoek het.

Brent Walters, hoof van die department van sport en kultuur, sê 4 500 hawelose mense het ook in die tydperk kos en skuiling gekry.

Volgens Walters het gemeenskapsorganisasies en nieregeringsorganisasies ’n verdere 148 470 kospakkies en agt miljoen maaltye uitgedeel.

Robert McDonald, departementshoof van maatskaplike ontwikkeling, sê hulle het ’n navorsingsverslag van die Universiteit Stellenbosch gekry wat die impak van honger tydens die inperking uiteengesit het.

“Wat hulle bevind het, is ’n baie skerp toename in hongersnood. Selfs met die inperkingsregulasies wat vanaf Junie verslap is, was daar steeds hoë vlakke van voedselonsekerheid, wat minstens twee keer hoër as in vorige jare is.”

Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, sê die verslag het ook aangedui dat die Kaapstad-metrogebied en groot dele van die Kaapse Wynland-distrik en die Karoo erg geraak is deur ’n tekort aan voedselveiligheid tydens die inperking.

Dr. Mogale Sebopetsa, hoof van die landboudepartement, sê hul department is steeds volstoom aan die gang met hul inisiatief van een tuin of een hoenderhok vir elke huis in die provinsie.

“Ons wil huishoudings aanmoedig om hul eie groentetuine te begin om te help dat mense nie honger ly nie.”

Die humanitêre verligting wat die Wes-Kaapse regering verskaf het.Foto: Verskaf

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Kospakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.