Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wes-Kaap: R200 miljoen se brandskade aangerig
Die geskiedkundige herehuis Augusta Kleinbosch in die Paarl en sy buitegeboue is In Januarie in ’n brand vernietig. Foto: Argief

Byna R200 miljoen se skade is die afgelope brandseisoen in die Hessekwa- en George gebied aangerig, sê die Wes-Kaapse departement van landbou en ekonomiese aangeleenthede.

“In totaal het ons terugvoer van 79 boere ontvang en in dié gebied is skade van R192,3 miljoen aangerig. Dié syfer is verkry deur vraelyste wat boere in die gebied ingevul het,” sê Alan Winde, provinsiale minister van landbou en ekonomiese aangeleenthede.

Verliese in die provinsie sluit in:

* Die geskiedkundige herehuis Augusta Kleinbosch in die Paarl en buitegeboue is verwoes;

* Die wynkelder, proekamer en kothuise op die wynplaas Druk My Niet in die Paarl is verwoes en groot skade is aan die wingerde aangerig;

* Die herehuis op die wynplaas Calais in die Paarl is vernietig;

* Plase aan die hange van Dutoitskloof waar proteas gekweek word, is erg beskadig en daar is min proteas oor om te pluk;

* Die herehuis Cascade in die Paarl se gastehuis is nie vernietig nie, maar die olyfboorde, dennebos en bergfietsroete is in ’n brand beskadig. Dit gaan waarskynlik ’n groot impak op die onderneming se buitemuurse aktiwiteite hê.

Die data wys dat infrastruktuur, landbou-opbrengs, natuurlike plantegroei, weiding, heinings en waterpype vernietig is.

“Volgens die inligting wat ons ontvang het, word sowat R20 miljoen van die skade nie deur die boere se versekering gedek nie. Dit sluit in weiding, heinings en waterpype, waterpunte vir diere en besproeiingstelsels, wat vernietig is.”

Winde sê weens die droogte is die landbousektor reeds onder druk, veral ten opsigte van veevoer vir weiding.

“Die brandskade dra by tot die las en boere sal addisionele veevoer moet aankoop waar daar aansienlike skade aangerig is. Hulle sal dit moet volhou totdat dit genoeg gereën en weiding herstel het. Bykomend by dié koste moet infrastruktuur soos plaasgeboue, heinings en waterpunte vir diere en besproeiingstelsels, vervang word,” sê Winde.

Hy sê die departement se volhoubare hulpbronbestuursprogram help boere om die risiko van natuurrampe, soos brande, te verminder en behels die verwydering van indringerplante om te keer dat brande vinnig versprei.

’n Tussentydse verslag oor die skade op plase, wat vroeër vanjaar uitgereik is, toon 35 000 ha is in die Swartberg-, Meiringspoort- en De Rust-omgewing verwoes, terwyl sowat 20 000 ha in Plettenbergbaai en nog 20 000 ha in die Stilbaai- en Riversdal-omgewing afgebrand het.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Brandskade  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.