Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wes-Kaapse paaie eis 5 sedert Vrydag
Foto ter illustrasie Foto: André Damons

Vyf mense is Vrydag en Saterdag op Wes-Kaapse paaie dood.

Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, is ’n vyfjarige passasier Saterdag omstreeks 19:10 op die
R45-Hopefield-Vredenburg-pad dood toe die bestuurder van ’n motor beheer daaroor verloor en ’n band gebars het.

Vrydag omstreeks 20:15 is drie mense dood toe ’n Ford Escort en ’n Toyota Verso reg van voor op die R44-pad in Porterville gebots het. Dieselfde aand omstreeks 19:20 is ’n voetganger ook dood toe hy deur ’n ligte motorvoertuig op die N1-Kraaifontein raakgery is.

Vrydag en Saterdag is 1 859 motorbestuurders vir alkoholgebruik getoets en 19 mense vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Nog twee mense is in hegtenis geneem vir spoedoortredings in Beaufort-Wes, onderskeidelik waar ’n sportnutsvoertuig 177 km/h in ’n 120 km-sone gery het en ’n Hyundai Accent 174 km/h in ’n 120 km-sone.

In Vredendal is ’n voetganger in hegtenis geneem wat na bewering onder die invloed van drank was, en nog ’n persoon in Somerset-Wes vir vervalste dokumentasie.

233 boetes ter waarde van R325 700 is uitgereik en 807 motorbestuurders is weens spoedoortredings vervolg.

Die hoogste spoed was in Beaufort-Wes (177 km/h in ’n 120 km-sone), asook 130 km/h in ’n 100 km-sone in Mosselbaai, 126 km/h in ’n 80 km-sone in Somerset-Wes, 105 km/h in ’n 70 km-sone in Worcester en 100 km/h in ’n 60 km-sone in Oudtshoorn.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Motorongelukke  |  Wes-Kaap  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.