Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Westdene: Ma’s soek antwoorde ná kinders se dood

Die ouers van twee kleuters soek antwoorde nadat hul kinders verlede maand vermoedelik gif by ’n kleuterskool ingekry en dood is. Die kleuterskool in Westdene, Johannesburg, word glo onwettig bedryf.

“Dit maak seer,” sê Fanula Wabet (38), die ma van die een jaar en vyf maande oue Othniel, wat op 11 Mei in die Rahima Moosa-hospitaal in Johannesburg dood is nadat hy vermoedelik rotgif ingekry het.

“Ek wens vir geen mens so iets toe nie,” het ’n gebroke Wabet Woensdag aan joernaliste gesê wat Mpho Phalatse, lid van die Johannesburgse burgemeesterskomitee vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, na die huis waar die kleuterskool bedryf word, vergesel het.

Antoinette Assegaai, (links) en Fanula Wabet, die ma’s van twee kinders wat verlede maand dood is nadat hulle vermoedelik gif by ’n kleuterskool in Westdene ingekry het, staan Woensdag verslae buite die kleuterskool wat intussen deur die departement van omgewingsgesondheid gesluit is.Foto: Werner Beukes

Nog ’n kind, die tweejarige Tshepang, is ’n dag voor Othniel se dood met soortgelyke simptome in dieselfde hospitaal opgeneem.

“Ek het haar by die kleuterskool gaan haal en sy was pap.

“Daar het later wit goed by haar mond en neus uitgekom, en ek het haar toe na die hospitaal geneem. Sy is met haar aankoms dood verklaar,” het Antoinette Assegaai (28), Tshepang se ma, gesê.

Phalatse, wat Woensdag deur die eienaar van die perseel toegang geweier is, het erken dat lede van die departement van omgewingsgesondheid nagelaat het om haar van die dood van die twee kinders in te lig.

“ ’n Volledige ondersoek is reeds van stapel gestuur,” sê sy.

Volgens Phalatse is daar vasgestel dat die gerief nie aan die standaarde vir kleuterskole voldoen nie en is dit gesluit.

“Die dagmoeder het na sowat sewe kinders omgesien. Die polisie gaan ’n geregtelike ondersoek doen, en ek het ’n volledige ondersoek deur my departement gelas.”

Phalatse het bygevoeg dat Westdene en omstreke ’n groot getal kleuterskole het wat onregmatig bestuur word sonder die nodige permitte.

Kapt. Jerbes de Bruyn, woordvoerder van die Sophiatown-polisiekantoor, het bevestig dat ’n geregtelike ondersoek na die kinders se dood geopen is.

“Ons wag nog op die toksikologieverslag van die twee kinders,” het De Bruyn gesê.

Meer oor:  Fanula Wabet  |  Westdene  |  Johannesburg  |  Ondersoek  |  Gif  |  Sterfgeval  |  Kleuterskool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.