Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wetstoepassers help baba op sypaadjie vang

’n Jong vrou het Woensdagmiddag op ’n sypaadjie in Elsiesrivier aan haar babadogtertjie die lewe geskenk.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê lede van die stad se teengrondbesettingseenheid is ingelig dat ’n vrou in die moeilikheid is by ’n besige kruising op die hoek van Halt- en Voortrekkerweg.

“Toe hulle op die toneel aankom het hulle gevind dat die vrou reeds kraam,” sê Dyason.

Volgens hom was die jong vrou se ma ook op die toneel en het sy en die beamptes saam gehelp met die geboorte.

“Die baba is veilig in haar ma se arms besorg en ons beamptes was baie trots om deel te kon wees van die spesiale oomblik.”

Hy sê die beamptes het wel toegegee dat dit ’n baie skrikwekkende ervaring was om sonder mediese hulp en kundigheid die baba te vang.

Die ma en baba is daarna per ambulans hospitaal toe geneem.

Die toneel waar die jong ma in Elsiesrivier die lewe geskenk het.

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Kaapstad  |  Geboorte  |  Baba  |  Wetstoepassers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.