Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Wewenaar en honde-kind herenig ná ongeluk

’n Hartroerende hereniging van ’n wewenaar en sy geliefde honde-kind het hom Maandagmiddag op Winburg afgespeel.

Bennie van der Merwe en Jessie, ’n Jack Russell-kruising, is ná vier traumatiese dae herenig nadat ’n ongeluk Vrydagoggend naby die Virginia-aansluiting op die N1 hulle van mekaar geskei het.

Van der Merwe se oë het soekend rondgekyk en toe hy en sy honde-kind mekaar eindelik gewaar, het hy haar nader geroep.

Hy het sy geliefde hond in sy arms geneem en ’n oomblik lank het dit gelyk asof hulle by mekaar vertroosting soek.

Die trane het vryelik gevloei toe die hond styf teen sy baas aangedruk het.

Bennie van der Merwe en sy geliefde Jessie omhels mekaar en vind vertroosting in mekaar se arms. Hulle is vir die eerste keer in drie dae Maandagmiddag met mekaar herenig.
Van der Merwe met sy honde-kind, Jessie, in sy arms.

Die ongeluk het die lewe van Van der Merwe se vrou, Aletta (47), en sy skoonma, Elsie van Straaten (74), geëis. Die hond het uit die wrak gespring en verdwyn.

’n Verbygaande boer en plaasbestuurder, JF Nel, het Jessie ná ’n daelange soektog Maandagoggend vroeg langs die pad tussen Virginia en Winburg gewaar.

Nel het vir Jessie na sy ouers se huis op Winburg gebring, waar sy met twee van Sondagmiddag se skaaptjoppies verwelkom is.

Hannelie Nel, JF se ma, sê die liewe Jessie het binne een oggend diep in hul harte gekruip en vinnig maats met hul twee labradors gemaak.

“Ons is baie bly Jessie is perdfris opgespoor. Ek dink dit bring vir Bennie vertroosting dat hy haar darem kon terugkry.”

Almal in die dorp en omgewing het na Jessie gesoek.

“Boodskappe is gestuur en gebede is gebid. Alles om haar veilig by die huis te kry.”

Hannelie sê selfs die vragmotorbestuurders het na Jessie gesoek.

Charmaine de Beer, verkeersbeampte op Winburg, sê dit was ’n erg emosionele toneel om te aanskou.

In Van der Merwe en Jessie se omhelsing het De Beer gehoor hoe Van der Merwe sy honde-kind groet en terselfdertyd troos.

“Vanaand slaap jy by my op die bed, Jessie, maar ma is nie meer daar nie.”

jessie
Jessie het knus op die agtersitplek van Van der Merwe se bakkie aan die slaap geraak.

Meer oor:  Bennie Van Der Merwe  |  Winburg  |  Vrystaat  |  Motorongeluk  |  Herenig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.