Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wewenaar gebroke; hondjie steeds weg
Die pamflet wat versprei word om Jessie te probeer opspoor.
Elsie van Straaten (74) is saam met haar dogter in ’n ongeluk buite Winburg dood. Foto: Facebook

Die soektog na ’n hondjie wat ná ’n tragiese motorongeluk buite Winburg verlore geraak het, het die naweek voortgeduur.

Polisielede, plaaswerkers en paramedici het saam met ander lede van Winburg se gemeenskap die naweek ure lank in die veld buite Winburg na die hondjie gesoek.

Die hondjie, Jessie, het weggeraak ná die motorongeluk waarin Aletta van der Merwe (47) en haar ma, Elsie van Straaten (74), Vrydag dood is.

Bennie van der Merwe, Aletta se man, het sny- en skaafwonde in die ongeluk opgedoen.

Volgens inligting het die bakkie waarin die Van der Merwe-egpaar en Van Straaten gery het naby die Virginia-aansluiting op die N1 omgeslaan. Die twee vroue het uit die voertuig geval en is op die toneel dood verklaar.

’n Worshondjie is in die ongeluk dood terwyl twee honde van die toneel weggehardloop het.

Die een hond, ’n schnauzer, is in die veld naby die ongelukstoneel gevind.

Die ander een, Jessie, ’n jack russell-kruising, het spoorloos verdwyn.

Roline Labuschagne, Van der Merwe se suster, sê haar broer is stukkend ná die ongeluk.

Aletta van der Merwe (47) is saam met haar ma, Elsie van Straaten, in die ongeluk oorlede. Foto: Facebook

“Hy is ’n gebroke man en dit sal hom troos as ons Jessie kan opspoor. Hy het Jessie by mense gered wat haar mishandel het en hulle is onafskeidbaar.”

Van der Merwe het selfs die fluit waarmee hy die hondjie altyd roep, opgeneem en met ’n stemboodskap gestuur sodat mense dit in die veld kan gebruik om Jessie te probeer opspoor.

Die familie het die beloning om Jessie op te spoor van R5 000 na R10 000 vermeerder.

Die soekgeselskap het Sondag ook ’n hommeltuig ingespan om Jessie te probeer opspoor. Daar was Saterdag bewerings dat Jessie gesien is, maar dit is nie seker of dit dalk ’n wilde dier was wat in die lang gras weggehardloop het nie.

Die egpaar se twee volwasse kinders, Elzette en Pieter, het Sondag uit Gauteng gery om ook na die hond te soek.

Die Van der Merwes was op pad na Colesberg terwyl Van Straaten in Bloemfontein by haar broer sou gaan kuier het.

Hulle het Vrydag uit Boksburg vertrek.

Labuschagne het op Colesberg vir hulle gewag toe sy die hartseernuus gekry het. Sy, haar broer en skoonsuster sou die naweek saam op die familieplaas buite Colesberg deurgebring het.

Meer oor:  Padsterfte  |  Tragedie  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.