Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wewenaar vind nuwe liefde ná Voëlklip-treurspel

Ettienne Scheepers van Heroldsbaai het nuwe liefde gevind by ’n niggie van sy oorlede vrou, Heidi.

Die George Herald, ’n plaaslike koerant, het Donderdag berig ’n sterk emosionele band het tussen Scheepers en Nazisca Moolman (Heidi se niggie van Bloemfontein) ontstaan.

Moolman het self twee kinders, volgens die koerant, en is besig om van haar man te skei. Die koerant berig Moolman het Scheepers van die begin af ondersteun en bygestaan.

Moolman het by navraag aan Netwerk24 gesê “alles wat nodig is, is in die George Herald” en dat sy niks verder gaan sê nie.

Scheepers het ook by navraag aan Netwerk24 gesê “alles is in die berig”, en het Netwerk24 na die George Herald se joernalis verwys.

Ettienne en Heidi Scheepers met Hugo en Cuzette. Foto: Verskaf

Heidi (35) en haar twee kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), het op 22 Oktober 2019 in hul Volkswagen Caravelle oor ’n afgrond by die Voëlklip-grondpad buite Heroldsbaai gestort. Hulle was vroeër die dag saam met Scheepers op die strand, maar het toe verdwyn.

Dit is onbekend waarom hulle daar was. Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind. Op 24 Oktober is Hugo se lyk gevind en Heidi s’n twee dae later. Cuzette se lyk is nooit gekry nie.

Die voorlopige lykskouingsverslag het gewys Heidi en Hugo het verdrink. Die polisie het later ook die amptelike lykskouingsverslag ontvang, maar nie die besonderhede daaroor bekend gemaak nie, uit respek vir die familie.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisieondersoek duur voort en is in ’n gevorderde stadium.

Moolman is ook lid van die Facebookgroep “In Memory of Heidi Scheepers and Children”.


Meer oor:  Ettienne Scheepers  |  Voëlklip  |  Liefde  |  Nuwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.