Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wie is die mooiste skoonheid agter die masker?

En ons kroon jou – jammer, masker jou – as die wenner!

Lindé Richter is as Mej. Regulasie (5)1 aangewys. Sy pronk met haar wenmasker. Foto: Verskaf

Dewald van Niekerk, vervaardiger van Jacaranda FM se program Scenic Drive, sê dié program se gemaskerde skoonheidskompetisie is ’n eerste in sy soort.

Die Scenic Drive-span bestaan uit Rian van Heerden, Philicity Reeken, Joe Mann en Nathan Daniels.

Die topdrie mans is Andries du Preez, Shane Language en Gerhard de Jager. Foto: Verskaf

Die skoonheidskompetisie is die regulasie (5)1-kompetisie gedoop. Ingevolge dié regulasie van die Wet op Rampbestuur om die verspreiding van die koronavirus te beperk, moet ’n persoon ’n gesigsmasker dra wat die neus en mond bedek wanneer hulle in die openbaar is.

Van Niekerk sê aangesien die dra van ’n gesigmasker nou die norm is, wou hulle dit prettig maak.

“Daar is baie Covid-19-inligting beskikbaar. Ons wou dit ’n positiewe “spin” gee. Daar was na my wete nog nooit so ’n skoonheidskompetisie nie,” sê Van Niekerk.

Uit meer as 500 inskrywings is Lindé Richter en Gerhard de Jager as Mej. en Mnr. Regulasie 5(1) aangewys.

Mense moes ’n foto van hulself met ’n masker aan Scenic Drive stuur.

Gerhard de Jager, Mnr. Regulasie (5)1, sê sy masker lyk baie blink.Foto: Verskaf

Die toptien is op sosiale media gelaai waar mense vir hul gunsteling kon stem.

Vir die topdrie het dinge moeiliker geraak. Hulle is op die lug uitgevra oor hul lewe en die koronavirus deur Marciel Hopkins, nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou, en die sanger Jay du Plessis, wat as beoordelaars opgetree het.

Van die vrae was: Na wie sien jy uit om te sien na die staat van inperking? Na wie verlang jy nou die meeste? Wat is jou gunstelingfliek? Wie is jou rolmodel?

Die beoordelaars het daarna op grond van die antwoorde ’n wenner aangewys.

De Jager sê hy het vir die pret ingeskryf. Die Pretoriase sakeman sê hy het ’n masker opgesit en sommer ’n foto geneem en gestuur.

Die topdrie vroue is Lindé Richter, Zurika Oosthuizen en Chanelle van Wyk. Foto: Verskaf

“Ek het ingeskryf en daarvan vergeet. Ek bring nou baie tyd met my drie seuns deur en die drie lag my nou lekker uit,” sê hy.

Hy is in sy skik met die masker wat hy as wenner gekry het.

Richter is van Kempton Park en sê die kompetisie het groot vermaak verskaf. Dit was beslis haar hoogtepunt sover tydens die staat van inperking.

Richter, ’n derdejaar-onderwysstudent aan Unisa, sê sy kan sien baie moeite is met die ontwerp van die maskers vir die wenners gedoen.

“Dis mooi. ’n Mens moet dit eintlik na ’n spesiale geleentheid dra,” skerts Richter.

Angelique du Toit, ontwerper van die maskers, sê sy het dit binne ’n dag voltooi. Rynsteen en ander blink stene is daarop vasgewerk en sy het die blinkste materiaal daarvoor gebruik.

Meer oor:  Dewald Van Niekerk  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.