Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wat is vinniger? Jaguar F-tipe SVR of helikopter?

Wat is die vinnigste van ’n Jaguar F-tipe SVR-motor of ’n Franse Aérospatiale Gazelle-helikopter?

Die 2017 Kishugu Laeveld-lugskou, wat op Jeugdag op Mbombela gehou is, het gewys dat die motor eintlik vinniger is.

Die Jaguar en helikopter was Vrydag een van die hoogtepunte tydens ’n lugskou op Mbombela. Foto: Christiaan Kotze

Johan Heine, voorsitter van die organiserende komitee van die lugskou, het gesê dit was een van hul opwindendste en suksesvolste skoue ooit.

“Hierdie lugskoue gee vlieëniers ’n wonderlike geleentheid om hul vaardighede en die nuutste vliegtuie te demonstreer, asook om die veterane van die lug te skou,” het Heine gesê.

Volgens Naranda Leeuwner, hoof van kommunikasie by Kishugu, het meer as 6 000 mense die skou bygewoon.

“Baie harde werk gaan in die voorbereiding vir die lugvertoning, maar dit is alles die moeite werd wanneer ons sulke geweldige ondersteuning van die lugvaartgemeenskap en die breë publiek kry,” het sy gesê.

Die wedren tussen die helikopter en sportmotor was die hoogtepunt van die dag.

Dit kom glo nadat die helikopter verlede jaar se wedren gewen het. Vanjaar was ’n ander model Jaguar gebruik as sterker kompetisie.

Meer oor:  Mbombela  |  Jeugdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.