Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wildernis-reddingsorganisasie help talle stappers

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het Sondag hul hande vol gehad met minstens vier noodgevalle van stappers wat beserings opgedoen het.

Johann Marais, woordvoerder van WSAR, sê hulle het die oggend talle noodoproepe ontvang.

Die staproete van die Platteklip-ravyn van die bopunt af afgeneem. ’n Stapper is Sondag beseer nadat hy met hierdie staproete tot bo-op Tafelberg wou klim. Foto: Gallo Images

In die eerste voorval is ’n man aan die bopunt van die Platteklip-ravyn beseer. ’n Span is gestuur wat hom gehelp loop het na die boonste kabelhuisie, waar hy met die kabelkar na onder geneem is waar noodpersoneel hom behandel het.

Die tweede voorval het op die vierwielpad by Kirstenbosch plaasgevind waar ’n vrou beseer is. WSAR het ’n span met ’n voertuig na haar gestuur. Sy is veilig van die roete na die ontmoetingspunt gebring waar sy besluit het om huis toe te gaan sonder enige mediese behandeling.

WSAR en beamptes van Sanparke het ook ’n beseerde persoon (geslag kon nie bevestig word nie) op ’n staproete by Silwermyn gaan help.

Beamptes het tot by die beseerde persoon gestap en die persoon gehelp om tot op ’n punt te stap waar ’n ambulans die persoon na ’n hospitaal geneem het.

Intussen is ’n span met tien lede na Stellenbosch gestuur waar ’n vrou op die berg bo die Coetzenburg-stadion beseer is. Hulle is met ’n viertrekvoertuig tot op ’n sekere punt geneem, waarna hulle na haar geloop het.

Van daar het die span haar met die brandpad af gedra tot by die voertuig. Hulle het na die Maties-sportveld gegaan en van daar het ’n ambulans die vrou na ’n hospitaal geneem.

Marais sê teen 13:00 het die span nog ’n noodoproep gekry nadat drie stappers op die Hiddingh-Ascension-roete op Tafelberg in die moeilikheid beland het.

Hulle het glo op ’n krans vasgesit.

Volgens Marais is hulle nie beseer nie en sal eerder wag vir hulp as om self ’n pad van die berg af te probeer vind.

Teen 17:00 was hierdie reddingspoging steeds aktief aan die gang.

Meer oor:  Johann Marais  |  Tafelberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.