Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Winburg-boer sterf 2 weke ná pa ook aan Covid-19

’n Saai-en-veeboer van Winburg in die Vrystaat is twee weke ná sy pa ook aan Covid-19 dood.

Corrie (links) en Chris Trytsman sr. (regs) van Winburg, wat twee weke ná mekaar aan Covid-19 dood is, staan aan weerskante van Pieter Möller, voorheen by Vrystaat Landbou.

Chris Trytsman sr. (60) was ’n week in die Busamed-hospitaal in Bloemfontein en is Sondag om 21:20 dood, sê sy seun, Chris jr.

Sy dood kom kort ná dié van sy pa, Corrie (86), van die plaas Waterstroom in die distrik wat as ’n leierboer beskou was.

Trytsman het met sy pa se dood aan Netwerk24 gesê die trane van Corrie se geliefdes sal lê in die diep spore wat hy in die landbou gelaat het. Hy kon nie sy pa se roudiens bywoon nie omdat hy ook positief vir Covid-19 getoets was.

Hy het ook in ’n huis op Waterstroom gewoon, maar op die plaas Wander de Rest in die distrik geboer.

“My pa was ’n wyse en ’n baie vrygewige mens. As jy op sy knoppie gedruk het, was hy altyd daar,” sê Chris jr.

Vir Trytsman het familie altyd eerste gekom en hy het altyd raad gehad.

“Ek dink nie daar sal ooit weer iemand soos hy wees nie.”

Chris Trytsman sr.
Chris Trytsman sr. is Sondagaand aan Covid-19 dood. Foto: Facebook/Chris Trytsman
Chris Trytsman sr.
Chris Trytsman sr.

Chris jr. sê sy pa was lief daarvoor om aan werktuie te werk en het sy oupa Corrie baie met die restourasie van ou karre gehelp.

Trytsman word ook oorleef deur sy vrou, Welma, ’n dogter, Jumari Bekker, drie kleinkinders en drie sibbe, Lewies, Pierre en Hester Potgieter.

’n Roudiens sal voorlopig Donderdag in die NG kerk Winburg gehou word.

Meer oor:  Winburg  |  Sterftes  |  Covid-19  |  3De Vlaag  |  Strenger Inperkings  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.