Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wind rig groot skade aan in George
’n Boom wat die naweek in Arborweg in George deur die sterk wind ontwortel is. Foto: Verskaf

’n Sterk wind het die afgelope naweek groot skade in George se munisipale gebied aangerig.

Trevor Botha, munisipale bestuurder, sê die munisipaliteit het op honderde voorvalle gereageer, waaronder skade aan kragdrade en informele huise, asook bome wat omgeval het.

Die naweek is 167 klagtes oor elektrisiteit ontvang. Dit is benewens ander klagtes wat normaalweg ontvang word.

Daar was verskeie kragonderbrekings in die dorpsgebied. Talle was weens gebreekte kragdrade of bome wat in onder meer Wildernishoogte, Hoekwil, Saasveld, Hansmoeskraal, Geelhoutboom, dele van Thembalethu, Witfontein, Heatherlands, Heatherpark, Denneoord, George-Suid en Rosemore op die drade geval het.

Herstelwerk aan ’n oorhoofse kraglyn in 7de Laan in Wildernis het Sondag ’n uur lange sluiting van die N2 in Wildernis genoodsaak.

George se brandweer is ontbied na 18 voorvalle van bome wat in George en Wildernis omgeval het, asook twee brande by onderskeidelik ’n huis en in ’n informele nedersetting, asook vier grasbrande.

Die departement van menslike nedersettings het plastiekseile verskaf aan 37 huise in informele nedersettings in Thembalethu en Conville, asook by ’n huis in Thembalethu waar ’n dak afgewaai het. ’n Gesin wie se huis in Thembalethu afgebrand het, sal ook gehelp word. Hulle woon tans tydelik by ander familielede.

Meer oor:  George  |  Skade  |  Wind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.