Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wind ‘soos van Knysna-brande’ vir Tuinroete voorspel

’n Waarskuwing is uitgereik vir ’n uitermatige sterk wind wat van Dinsdag tot Donderdag in die Tuinroete en Sentraal-Karoo verwag word.

Inwoners is ook Dinsdag oor ’n brandgevaar oor die Sentraal-Karoo, Tuinroete en die noordelike dele van die Kaapse Wynland gewaarsku.

Die wind is soortgelyk aan die winde wat in Junie 2017 gedurende die Knysna- en Bitou-brande voorgekom het, waarsku die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se rampbestuur. Die brande het op 7 Junie 2017 ontstaan en grootskaalse skade aangerig.

Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens word winde met ’n spoed van tussen 50 en 70 km/h oor die Tuinroete, Sentraal-Karoo en die Kaapse Wynland verwag.

Motors wag op 7 Junie 2017 om te ry langs die Knysna-strandmeer toe verwoestende brande in die gebied uitgebreek het. Foto: Johann van Tonder

Na verwagting sal die wind teen Dinsdagaand bedaar, maar daar word verwag dat dit Woensdag en Donderdag selfs sterker kan waai.

Volgens die weerdiens word mense gevra om waar moontlik binnenshuis te bly en weg van vensters wat oopmaak in die rigting wat die wind waai. Mense moet ook bedag wees op skielike dwarswinde as hulle tussen geboue is, bome of kraglyne wat kan omval en ander voorwerpe wat weggewaai kan word.

Klein bote moet ook van die oop see af wegbly en in ’n hawe, riviermonding of ’n beskermde baai skuiling soek.

Geparkeerde vliegtuie moet in die rigting van die wind gedraai en veilig gehou word. Mense moet let op verdere kennisgewings op die radio en televisie en die instruksies van rampbestuurpersoneel volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.