Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wind waai wes vir dié stakers
Mthubanzi Mniki

Dit lyk of daar swarigheid voorlê vir stakende vullisverwyderaars in die Nelson Mandelabaai-metro.

Die werkers, almal lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu), staak sedert Maandag.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het dit beklemtoon dat die munisipaliteit die beginsel van geen werk, geen betaling sal toepas.

“Die munisipaliteit sal ook die staking streng monitor vir enige voorvalle van wetteloosheid en vernietiging van eiendom deur stakende werknemers.

“Tugoptrede sal kom teen diegene wat deel daarvan is en die wet sal sy gang gaan,” sê Mniki.

Inwoners en belastingbetalers wat dit kan bekostig, is intussen ook versoek om hul vullis na die naaste oordragstasie te neem.

Volgens Mniki sal inwoners op die hoogte gehou word van verwikkelinge.

Samwu se eise sluit onder meer in:

* Terugwerkende betalings toe hulle in 2000 nie betaal is vir werk in etensure en teetye nie;

* Onhigiëniese werkomstandighede; en

* Terugwerkende betalings van die 1970’s af toe vullisverwyderaars in hul etensure gewerk het.

Meer oor:  Stakers  |  Samwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.