Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Winde gaan met Cyril praat oor heropening van toerisme

Die Wes-Kaap is ten sterkste gekant teen die voortgesette verbod op die heropening van die toerismebedryf.

Alan Winde, premier, sê hy gaan regstreeks met pres. Cyril Ramaphosa praat oor sy bekommernisse oor die derduisende mense wat hul werk kan verloor, terwyl hulle glo die toerismebedryf kan veilig heropen.

“Ek is diep bekommerd oor die verbod op alle akkommodasie vir ontspanningstoerisme, soos gister (Sondag) deur die president aangekondig is. Die toerismesektor, wat in die Wes-Kaap regstreeks en onregstreeks meer as 200 000 mense in diens neem, het ’n geweldige knou gekry, sonder dat daar behoorlike wetenskaplike bewyse voorgelê of redes aangevoer is waarom dit moet toe bly.”

Winde hou vol dat toerisme-akkommodasie veilig kan oopmaak as hulle behoorlike veiligheidsprotokolle in plek het.

“Ons moet die toerismesektor as ’n vennoot in ons stryd teen die Covid-19-pandemie beskou en saam met hulle werk om aan te pas by hierdie nuwe normaal.”

“Ons moet die toerismesektor as ’n vennoot in ons stryd teen die Covid-19-pandemie beskou en saam met hulle werk om aan te pas by hierdie nuwe normaal.

Winde sê as dit nie gedoen word nie, sal die sektor waarskynlik meer as 50% van die werkgeleenthede in die sektor verloor. Dit sal ook ’n baie ernstige uitwerking op die Wes-Kaapse ekonomie in geheel hê.

“Ek sal hierdie saak onmiddellik met die president opneem, en die Wes-Kaapse regering sal voortgaan om die veilige opening van die toerismesektor te ondersteun.”

Die premier sê die werklikheid is dat elke provinsie in die land reeds met ’n katastrofiese werkloosheidspandemie sukkel.

“Miljoene mense gaan hul werk verloor, as hulle dit nog nie verloor het nie. Die gevolge van hierdie werkkrisis is ernstig. Dit veroorsaak ’n humanitêre krisis wat ons armste en kwesbaarste inwoners negatief sal beïnvloed.”

Winde sê dit hou ook gevolge in wat lewens kan kos.

“Ek sal hierdie saak onmiddellik met die president opneem, en die Wes-Kaapse regering sal voortgaan om die veilige opening van die toerismesektor te ondersteun.

“Ons moet die verspreiding van Covid-19 vertraag en ons gesondheidstelsels gereedmaak, maar ons moet dit doen op ’n manier wat steeds veilige ekonomiese aktiwiteite moontlik maak sodat inwoners kos op die tafel kan sit.”

Winde, wat aan tipe 2-diabetes ly, het Woensdag aangekondig hy is positief getoets vir die koronavirus. Hy is tans in selfisolasie by die huis.

Bianca Capazorio, Winde se woordvoerder, sê die premier het Maandag weer sy dokter gesien, wat aanbeveel het dat hy rus omdat hy steeds simptome het en sy bloedsuikervlakke hoog is.

Meer oor:  Koronavirus  |  Toerisme  |  Covid-19  |  Alan Winde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.