Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogings: Winkels in Pretoria brand

Betogers in Pretoria het glo verskeie winkels in die middestad geplunder en aan die brand gesteek nadat onlus Woensdag te midde van spanning tussen taxibestuurders en vermeende dwelmbase weer opgevlam het.

Volgens kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, is daar winkels in Lillian Ngoyi-straat wat brand. “Betogers breek ook by van die winkels in en plunder dit,” sê Selepe.

Volgens die polisie is verskeie winkels Woensdagoggend in die Pretoriase middestad aan die brand gesteek. Foto: Twitter / @PortiaMatjila

Die betogings kom nadat ’n taxibestuurder Dinsdag in die middestad in ’n bakleiery met vermeende dwelmbase doodgeskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, ook ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die voorval het omstreeks 14:30 by die Bloedstraat-taxistaanplek gebeur.

“Taxibestuurders het glo vermeende dwelmverslaafdes gejaag. ’n Skoot is afgevuur en ’n taxibestuurder is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Masondo gesê.

Stevens Mokgalapa, burgemeester van die metro, was Woensdagoggend by ’n geselligheid en kon nie kommentaar oor die situasie lewer nie. Sy woordvoerder, Omogolo Taunyane, het alle navrae na Sheila Lynn Senkubuge, die Tshwane-metro se burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, verwys.

Senkubuge sê die stad wag nog vir wetstoepassingsowerhede om hul ondersoek rondom die skietvoorval af te handel.

Op Twitter word verskeie xenofobiese aanmerkings gemaak en daar word beweer dat taxibestuurders Woensdag na Nigeriërs in die middestad “gaan soek”.

“Ons kan nie bevestig of dit ’n Nigeriër of Tanzaniër is wat die taxibestuurder geskiet het nie. Die polisie is nog besig met ’n ondersoek,” sê Senkubuge.

Senkubuge sê verteenwoordigers van die metro gaan Woensdagmiddag ’n dringende vergadering met die taxibedryf belê om ’n oplossing vir die betogings te vind.

Intussen is die A Re Yeng- en Tshwane-busdiens weens die betogings opgeskort.

Taxibestuurders het Dinsdag op die stad se busse geklim en bestuurders beveel om in besige kruisings stil te hou wat tot groot verkeersknope gelei het.

Selepe raai motoriste aan om die middestad te vermy. Sy het winkeleienaars ook aangeraai om hul winkels te sluit.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.