Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Winterreën in noorde van die land ongewoon
Foto ter illustrasie.

Ná verlede week se kouefront het Suid-Afrikaners Maandag in die noordelike en sentrale dele van die land te midde van koue reënweer na serpe en koffiebekers gegryp.

Die reën en donderbuie wat oor die noordelike en sentrale gedeeltes geval het, is ongewoon vir die somerreënvalstreek.

Elani Heyneke, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die reënweer word veroorsaak deur ’n bolugtrog wat oor die betrokke gedeeltes beweeg.

“Die reën het reeds Sondagaand in die noordwestelike en verre noordelike dele van die Noord-Kaap begin val.

“Dit het na die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal en tot so ver as Beaufort-Wes versprei.

“Dit sal oornag opklaar en ooswaarts beweeg.

“Die reën is ongewoon in die somerreënvalstreke. Dit is die aard van die betrokke stelsel wat die soort winterreën meebring.”

Die sagte reënweer gaan ook gepaard met koue.

“Maar dit is nie ’n kouefront nie. Die koue word deur reënerige toestande veroorsaak.”

Donderweer het Maandagmiddag oor Bothaville, Wolmaransstad en Bloemhof voorgekom waar reënval van tussen 5 en 10 mm voorspel is.

“Dit is baie reën vir die tyd van die jaar in dié streke.

“Ons het die meeste reën in die weste van Noordwes en noordelike dele van die Vrystaat verwag. Elders sal dit minder as 5 mm reën,” sê sy.

Daar is Dinsdag net ’n ligte kans op reën in die Vrystaat en Noordwes.

Meer oor:  Limpopo  |  Noordwes  |  Gauteng  |  Vrystaat  |  Mpumalanga  |  Winter  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.