Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Wit heerskappy’ is probleem, hoor GKSA se sinode

Die probleem is nie Afrikaans die taal nie, maar die “wit opperheerskappy” wat daarmee gepaardgaan.

So sê dr. Derrick Mashau, afgevaardigde na die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) se buitengewone algemene sinode.

Hy is ’n hoogleraar in teologie aan Unisa en predikant by ’n gemeente in Sunnyside, Pretoria.

Deur Afrikaans te gebruik, word van die afgevaardigdes uitgesluit.

Sy stelling is met ’n gedruis van stemme beantwoord.

Die moderamen van die sinode het ’n kommissie aangewys om die taalkwessie te bespreek en ná die vergadering aanbevelings te doen.

Die kommissie se verslag en aanbevelings en die bespreking daarvan is Dinsdagaand laat met geslote deure gehou en Beeld moes die vergadersaal verlaat.

Na verneem word, het die gemoedere hoog geloop.

Al die dokumente wat op die vergadering bespreek is, is in Afrikaans en Engels beskikbaar en daar is ’n tolkdiens vir afgevaardigdes wat nie Afrikaans verstaan nie.

Die sinode is Dinsdagoggend met onder meer Ps. 100 geopen wat in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Tswana gesing is. Van die sowat 280 afgevaardigdes is ongeveer 35 swart.

Mashau het aangevoer deur Afrikaans te gebruik, word van die afgevaardigdes uitgesluit.

“Die oorfone (vir die tolkdiens) raak ongemaklik as jy heeldag daarmee in jou ore moet sit.”

Volgens hom kan afgevaardigdes wat die tolkdiens gebruik nie behoorlik deelneem aan besprekings nie. Die buitengewone algemene sinode word gehou om oor die vrou in die besondere ampte (predikant en ouderling) te besin en te besluit.

Die kwessie is nie Dinsdag bespreek nie en administratiewe en kerkordelike punte is bespreek.

Daar sal na verwagting vandag gepraat word oor vroue in die amp, ’n knelpunt wat al sedert 1988 in die GKSA bespreek word.

Die sinode het die taalkwessie teen druktyd nog bespreek.

Meer oor:  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.