Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Witrivier: Vermoorde prokureur ‘was ware gentleman’

Gerrit Stander (38), die prokureur van Mbombela wat Maandag vermoor is, “was ’n ware gentleman”.

So sê Dave Bennett, direkteur van die prokureursfirma Swanepoel en Vennote en lid van die Prokureursorde van Suid-Afrika.

Stander is Maandag in die vroeë oggendure dood nadat hy drie keer geskiet is toe rowers op sy huis op ’n kleinhoewe in Plaston in die Witrivier-omgewing toegeslaan het.

Sy vrou, Yolandi, en sy agtjarige dogter was ook in die huis.

Die rowers het die grensdraad geknip en toe die voordeur oopgeskop.

Volgens Stander se broer, MC, het die aanval net ná 02:00 gebeur en Stander is net ná 07:00 in die hospitaal dood.

Gerrit Stander (38) Foto: Verskaf

“Gerrit was ’n uitstekende kollega om mee saam te werk. Hy was altyd bereid om sy tyd en advies met ander te deel. Hy sal beslis gemis word in ons firma,” sê Bennett in ’n verklaring van die prokureursorde.

Stander was sedert 2018 ’n werknemer by Swanepoel en Vennote.

“Hy was baie professioneel, ’n ware gentleman. Sy opinie en advies was wyd gerespekteer in die bedryf.”

Mvuzo Notyesi, president van die prokureursorde, het ook sy skok oor Stander se moord uitgespreek.

“Die owerhede kan nie rus totdat hierdie misdadigers vasgetrek is nie. Ons bedryf moet nou saamstaan en enige misdadige bedreiging teen ons professie elimineer. As een in die bedryf seerkry, kry almal seer,” sê Notyesi in ’n verklaring.

Kol. Donald Mdhluli, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdagmiddag gesê niemand is nog aangekeer nie. “Enigeen met inligting word gevra om dadelik met die polisie kontak te maak,” sê hy.

Stander se familie het intussen gesê dat hy Vrydag uit die NG gemeente-Suid in Ehmkestraat, Mbombela, begrawe word.

Meer oor:  Rowers  |  Moord  |  Gerrit Stander  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.