Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Woeste wind stuit nie dié vroue se ‘paartie’ op 'BokBoot'
Die passasierskip die MSC Orchestra kon eers Maandagmiddag Tafelbaaihawe verlaat nadat dit sedert Vrydag weens sterk wind voor anker gehou is. Hier is Elseri Kotze (links), Lindrie Botha, Lintie Kouwenhoven en Annelie Botha tydens die vaart Maandag.Foto: Verskaf

Die sterk suidoostewind verlede naweek in die Kaap het nie ’n groep Vrystaatse vroue se wegbreeknaweek op die vasgemeerde MSC Orchestra laat skipbreuk ly nie.

Lindrie Botha van Bloemfontein en haar familie het hul tyd op die passasierskip MSC Orchestra se Bok Radio-vaart – die sogenaamde “BokBoot” – geniet, al kon dit weens sterk wind die hawe net op die laaste dag verlaat.

Onderweg na die BokBoot het Lindrie en haar susters, Elseri Kotze en Annelie Botha, en hul ma, Lintie Kouwenhoven, eers die langpad aangedurf. Lindrie en Elseri het van Bloemfontein gery om Lintie op Zastron en Annelie op Somerset-Oos in die Oos-Kaap vir die bootreis op te tel.

Die groep het Vrydag met T-hemde wat hulle spesiaal vir die vaart laat druk het in die Tafelbaaihawe aan boord geklim. Voor op die T-hemde staan “On Cruise Control” met ’n pasgemaakte pittige boodskap vir elkeen agterop.

Dit was Lindrie en Annelie se eerste boot-vakansie en hulle kon Maandagmiddag uiteindelik die skip in vaart beleef.

“Dit was nou wow om uit die hawe te gaan.”

Lindrie sê hulle het Maandag omstreeks 12:00 op die vaart vertrek en by St. Helenabaai gaan draai. Die aanvanklike plan was dat die boot tot by Walvisbaai in Namibië sou vaar, maar die stormwind het ’n stokkie daarvoor gesteek.

Dit het egter nie die gees geblus nie en daar is “woes gepaartie in die hawe”.

“Ons het gepaartie, musiek geluister en shows gekyk en geëet en geëet en geëet – die hele tyd, dit was heerlik, al het ons in die hawe gebly,” vertel Lindrie, ’n administratiewe bestuurder in die Rosestad.

“As jy eers besig is met al die aktiwiteite op die boot, kom jy nie eens agter jy vaar nie. Die diens en kos was lekker en die mense vriendelik. Alles was regtig net ’n jol.”

Passasiers kon skouers met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf skuur.

“Steve Hofmeyr was natuurlik ’n hit.” Lindrie het nog gunstelinge, soos Snotkop en Loki Rothman, ook geniet.

Sy sê egter Annelie is verlig dat die skip meestal in die hawe gebly het, aangesien sy net van die een dag se gewieg “lekker” seesiek was.

* Aangesien die skip nie sy vaart kon voltooi nie, is 25US$-afslag per kajuitrekening gegee. Elke passasier kry ook 25%-afslag op hul volgende reis, geldig tot 2021, sê Lindrie.

Die passasiers het Dinsdagoggend aan wal gestap.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Vrydag op Tafelbaaihawe in die hemde wat hulle spesiaal vir die bootreis laat druk het. Van links is Lintie Kouwenhoven, Lindrie Botha, Elseri Kotze en Annelie Botha. Foto: Verskaf
Lindrie en Annelie Botha, Elseri Kotze en Lintie Kouwenhoven in hul hemde. Foto: Verskaf
Die hemde van agter.Foto: Verskaf
Annelie (links) en Lindrie Botha saam met die sangers Ivan Roux en Jakkie Louw aan boord die MSC Orchestra se "BokBoot". Foto: Verskaf
Lintie Kouwenhoven, Elseri Kotze, Annelie en Lindrie Botha in ’n restaurant op die “BokBoot”.Foto: Verskaf

Meer oor:  Suidooster  |  Msc Orchestra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.