Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Wonderbaba’ sterk aan ná redding uit stormwaterpyp
’n Pasgebore baba is uit ’n stormwaterpyp in Durban gered.Foto: Twitter

Die pasgebore baba wat Maandagoggend uit ’n stormwaterpyp in Durban gered is, sterk goed aan.

Dokters by die Albert Luthuli-hospitaal, waar die meisietjie behandel word, sê sy is wakker, reageer en huil.

“Haar glukose- en suikervlakke is goed. Sy is stabiel genoeg om verskuif te word na ’n gewone hospitaal,” het dr. Timothy Hardcastle gesê en bygevoeg van hulle kant af is al die moontlike gedoen. “Sy het niks gebreek nie en het geen ernstige beserings opgedoen nie. Ons is gelukkig en tevrede.”

Volgens Hardcastle is die baba wat nou as die “wonderbaba” bekend staan, nie ouer as drie dae nie.

Sy het net ná 10:00 by die hospitaal aangekom.

“Ons is deur die helikopterdienste en ’n private ambulansdiens gekontak oor die kind wat hulle uit ’n stormwaterpyp gered het. Hulle weet nie hoe lank sy daar was nie. Hulle het gevra of ons die baba sal inneem en ons het geen probleem gehad nie.”

Die baba is uit die pyp gered ná ’n reddingspoging van langer as drie uur in Newlands East.

Hy het gesê toe sy by die hospitaal aankom, was haar temperatuur hul grootste uitdaging.

“Sy was baie koud. Haar liggaamstemperatuur was 35,5 °C. Ons het haar warm gemaak, die stof afgevee en haar skaafwonde skoongemaak. Ons kollegas van pediatrie het basiese medikasie gebring.”

Die personeel by die hospitaal glo dat haar oorlewing ’n wonderwerk is.

“Enige kind wat ’n sekere aantal ure oorleef, is ’n wonderwerk. Dit lyk of sy minstens vyf uur lank in ’n stormwaterpyp vasgevang was.”

Die baba is uit die pyp gered ná ’n reddingspoging van langer as drie uur in Newlands East.

Verbygangers het gehoor hoe die kind huil en die owerhede in kennis gestel.

Garrith Jamieson van die Rescue Care-nooddiens het vroeër gesê hulle kon die baba hoor huil terwyl die reddingspoging aan die gang was. Die gebied is afgesper terwyl lede van die brandweer probeer het om die baba uit te kry.”

’n Helikopter was op die toneel om die baba na die hospitaal te bring.

Die oomblik toe die baba uitgehaal is, is op kamera vasgelê.

News24.com

Meer oor:  Newcastle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.