Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Wonderwerk’ niemand sterf toe 2 treine bots
Twee goederetreine het naby Middelburg in die Oos-Kaap reg van voor gebots. Foto: VERSKAF

’n Tromp-op botsing tussen twee treine buite Middelburg in die Oos-Kaap Vrydagmiddag laat het wonderbaarlik tot geen sterftes óf beserings gelei nie.

Albei is goederetreine wat van teenoorgestelde rigtings gekom het, sê Unathi Binqose, ’n woordvoerder van die Oos-Kaap se departement van vervoer, veiligheid en skakeling.

“Die impak was baie erg. Ek dink dit is ’n wonderwerk dat niemand, selfs nie eens die drywers, enige beserings opgedoen het nie.”

Volgens hom het twee treine van verskillende stasies vertrek. Die een het voertuie vervoer. Die botsing het omstreeks 16:30 by ’n spooroorgang plaasgevind.

Verbygangers het foto’s van die ongeluk geneem en dit op Facebook geplaas.

Albei treine staan steeds op die afgesperde treinspoor omdat albei wrakke is.

Dit is nog nie bekend waarom albei treine op dieselfde spoor was nie en die polisie op Middelburg het ’n saak van nalatige bestuur geopen.

Die treinongeluk net buite Middelburg, Oos-Kaap.Foto: VERSKAF
’n Stuk van een van die treinwanes wat Vrydagmiddag laat in ’n tromp-op botsing buite Middelburg in die Oos-Kaap betrokke was. Foto: VERSKAF
’n Saak van nalatige bestuur word ondersoek nadat twee goederetreine buite Middelburg in die Karoo in ’n tromp-op botsing betrokke was. Foto: VERSKAF
’n Saak van nalatige bestuur word ondersoek nadat twee goederetreine buite Middelburg in die Karoo in ’n tromp-op botsing betrokke was. Foto: VERSKAF

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.