Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Woolies moet ook hul ham verwyder

Woolworths se slegte jaar raak net nie beter nie.

In dieselfde week waarin die groep ingestem het om die skepper van ’n baba-dra­sak te vergoed omdat hy haar produk nagemaak het en boonop van geslagstereotipering beskuldig is, het die advertensiebeheerraad (ARB) bevind die verpakking van sy toebroodjieham is misleidend.

Die misleidende verpakking.

’n 22-jarige student het Woolworths by die ARB verkla omdat ’n stempel op die ham se verpakking lui “South Africa” en “100% pork”. Die produk is wel 100% Suid-Afrikaans, maar dit is nie 100% vark nie. Woolworths is Maandag aangesê om die bewoording te verander.

Die klaer, Jean Naudé, ’n ITstudent van die Paarl, het opgemerk die bestanddelelys maak dit duidelik daar is slegs 70% vark in die ham.

Woolworths se verweer was dat die stempel bloot aandui dat 100% van die vark wat in die produk gebruik word van Suid-Afrikaanse oorsprong is.

Die ARB verskil. Die beheerraad sê die bewoording en die manier waarop dit gedruk is, is dubbelsinnig.

Woolworths moet die misleidende verpakking binne drie maande onttrek.

Woolworths moes in Januarie sy hele voorraad baba­drasakke verwyder nadat Shannon McLaughlin, eienaar van Ubuntu Baba, die groep daarvan beskuldig het dat hy haar ontwerp nagemaak het. Woolworths het die afgelope week ingestem om vir McLaughlin ’n deel van die inkomste uit die verkope te gee en die res te skenk aan ’n organisasie wat klein ondernemings ondersteun.

Daarby moes Woolworths Maandag inderhaas sy bemarkingsveldtog vir Valentynsdag kanselleer nadat klante en sosialemediagebruikers hom beskuldig het van seksisme en dat hy geslag­stereotipering aanblaas.

Die veldtog het onder meer bestaan uit twee plakkate, die een oor mans en die ander oor vroue. Die een oor vroue lui onder meer: “She orders a salad then steals your chips; she takes forever to get ready” en “she says she’s ‘fine’ when you know she’s not”. Die een vir mans lui: “He touches your hair; he doesn’t know the title to ‘your song’.

Woolworths sê die veldtog was ’n lighartige een oor die eienaardighede binne baie verhoudings en nie bedoel as geslagstereotipering nie.

“Ons het die veldtog se boodskappe verwyder.’’

Meer oor:  Woolworths
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.