Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hele gesin behalwe seun (14) sterf in huisbrand

’n Seun (14) van Kaapstad is wees gelaat nadat sy ouers en drie sibbes, waaronder ’n baba, vroeg Vrydagoggend in ’n huisbrand dood is.

“Vyf mense, insluitende drie kinders, is Vrydag in die vroeë oggendure in ’n brand in Joe Slovo Park in Milnerton dood,” het Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste, gesê.

Brandweerspanne is omstreeks 01:16 na ’n woonstelblok in Nqabestraat ontbied, nadat inwoners rook by een van die woonstelle sien uitkom het.

“Toe ons spanne op die toneel aankom, het hulle gesien dat ’n woonstel op die grondvloer in ligte laaie is. Inwoners het brandweerpersoneel ingelig dat daar mense in die woonstel is.”

Carelse sê die lyke van ’n volwasse man en vrou, twee kinders en ’n baba is in die woonstel gekry.

“ ’n Vierde kind, 'n 14-jarige seun, was die enigste oorlewende en is vir brandwonde aan sy kop behandel en na ’n hospitaal vervoer,” het hy gesê.

Die brand is omstreeks 02:00 geblus en die toneel is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

huisbrand
'n Seun (14) is die enigste oorlewende nadat 'n brand in die vroeë oggendure in 'n woonstel in Joe Slovo Park in Milnerton uitgebreek het. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.