Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Woordfees: ‘Betoging oor verkragting – nie teen sjef’

Die groep betogers wat Vrydag ’n boekbekendstelling by die Woordfees in Stellenbosch ontwrig het, sê hulle wou dit luidkeels duidelik maak dat ’n kultuur van verkragting by die Universiteit Stellenbosch (US) heers en dat hulle daarteen sal veg.

Die groep betogende vroue het Marlise Scheepers se boekbekendstelling by die De Vette Mossel-lokaal in Ryneveldstraat ontwrig. Foto: Izak de Vries

Die betogers sê die reaksie kom nadat vrouestudente glo uitgetart is deur AfriForum-ondersteuners se “grappies” en aanmerkings oor verkragting tydens ’n betoging Donderdag op die kampus.

’n Betoger, wat net as Nomzee bekend wil staan, het aan Netwerk24 verduidelik dat die sjef Marlise Scheepers se boekbekendstelling nie hul teiken was nie, maar die Woordfees.

“Ons voel die Woordfees moedig die voortbestaan van ’n eksklusiewe Afrikanerkultuur aan, soos die ondersteuners van AfriForum, en dis hoekom ons spesifiek besluit het om die boekbekendstelling te ontwrig,” het sy gesê.

Die blogger en aktivis HJKim was ook betrokke by die protes.

Scheepers sê hoewel die betoging ’n groot skok vir haar was, hoef geen kunstenaar bekommerd te wees oor sekuriteit en veiligheid op die Woordfees nie.

“Die sekuriteit was op hul pos en veiligheid by die Woordfees is fantasties,” sê sy.

Scheepers dink wel dat die betogers liefs met hulle moes gepraat het en gesê het waarom hulle betoog.

“Al wat ek wou hê, was dat iemand vir my sê waaroor die betoging gaan,” sê sy.

Scheepers se pa het probeer in gesprek tree met die vroue, maar is glo met wyn gegooi en gevloek.

Die voorblad van Marlise Scheepers se nuwe kookboek wat bekend gestel is. Foto verskaf

“Toe hulle op die tafels spring, het daar glase gebreek en wyn gemors, maar niemand het hulle skade berokken nie. Niemand het gewelddadig teenoor hulle opgetree nie,” sê sy.

Nomzee sê wel dat lede van die gehoor die betogers met gebreekte bottels gedreig het.

“As ek geweet het daar is vroue wat oor verkragting betoog, het ek hulle genooi om saam met my aan tafel te sit, saam met hulle Senzenina gesing en my vuis saam opgesteek teen verkragting,” sê Scheepers. 

Betogers en lede van die gehoor word in 'n onderonsie betrokke Foto:Izak de Vries
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.