Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Woordvoerder van Nehawu dood aan Covid-19

Die nasionale woordvoerder van die vakbond Nehawu is Sondagoggend aan Covid-19 dood.

Khaya XabaFoto: Cosatu/Twitter

Khaya Xaba is vroeër met die virussiekte in die hospitaal opgeneem en het verlede week op Twitter by mense gepleit om die gesondheidsregulasies streng na te volg.

“Covid is nie grappies nie. Was jou hande, gebruik handreiniger, vermy vol plekke. Beskerm jouself en jou geliefdes.”

Volgens Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, is Xaba se dood ’n reuseverlies.

“Hy was nie net ’n vakbondamptenaar nie, maar ’n deugsame en toegewyde aktivis wat passievol was oor die struggle van die armes en die werkersklas.”

Hy het sy lewe daaraan gewy om uitbuiting in en buite die werkplek te beveg.

“Sy uitstekende kommunikasievaardighede was van onskatbare waarde op ’n tydstip dat staatsamptenare deur onder meer kollektiewe bedinging, afleggings en die Covid-19-pandemie in die gesig gestaar is.”

Xaba het hom in 2016 as woordvoerder by Nehawu aangesluit.

Meer oor:  Woordvoerder  |  3De Vlaag  |  Nehawu  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.