Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Wynvatsitter: Nooit weer nie!

Suid-Afrika se wynvatbewoner het wel ’n tweede wêreldrekord opgestel, maar die byna 79 dae in son, wind en weer het hom amper sy lewe gekos.

Vernon Kruger in die wynvat waarin hy byna 79 dae deurgebring het. Foto: Deon Raath

Kort nadat Vernon Kruger (52) op 1 Februarie weer sy voete op vaste grond gesit het, het dit geblyk sy linkerlong het platgeval en het ’n bloedklont in.

Hy is eers Donderdag uit die hospitaal ontslaan.

Omdat hy te siek is om te vlieg, het hy sy gesin in Plettenbergbaai nog nie weer gesien nie.

Kruger, ’n kommersiële duiker, het as 29-jarige in 1997 sy eerste Guinness-wêreldrekord opgestel.

Hy het toe 67 dae en 14 minute lank in ’n wynvat op ’n 21 m hoë paal in Dullstroom, Mpumalanga, deurgebring.

Hy wou dit verlede jaar oortref en het beplan om dit in die snikhete Durban te doen, maar kon nie die nodige toestemming kry nie.

Ek gaan dit definitief nie weer doen nie.

“Dit was maar net makliker om weer Mpumalanga toe te vlieg. Daarom het ek dit maar weer in Dullstroom gaan doen.”

’n Helikopter het Kruger op 14 November in die 500 liter-wynvat op ’n 23 m hoë paal laat sak. Die vat, wat 110 cm hoog is en op sy wydste ’n deursnee van 87 cm het, was die volgende 78 dae, 23 uur en 14 minute sy tuiste.

Op 1 Februarie om 10:34 het die helikopter hom weer “van die paal af” kom haal.

Toe Kruger vir die eerste keer weer op die grond kon loop, het hy dadelik besef daar is ’n probleem. “Ek het soos ’n ou man begin sukkel. Ek kon nie ordentlik loop nie en ek kon ook nie asemhaal nie.”

Hy het so gou as moontlik na ’n hospitaal in Pretoria gegaan om homself te laat toets. Twee dae later het ’n dokter hom in die aand gebel. Hy het gesê Kruger moet dadelik terugkom hospitaal toe. “My een long het ingeval en daar was ’n bloedklont wat dit moeiliker gemaak het om asem te haal. Ek is Donderdag eers weer by die hospitaal uit. As ek nie betyds daar was nie, het ek dit waarskynlik nie gemaak nie.”

Kruger is nog in Pretoria, want weens die probleem met sy long mag hy nie vlieg nie. Dis nou al meer as drie maande sedert hy sy vrou en sy kinders van ses en agt jaar oud laas gesien het.

“ ’n Man van Amerika het my gekontak en my uitgedaag om dit weer te doen,” lag hy. “Ek gaan dit definitief nie weer doen nie. Ek maak nou eerder ’n plan om huis toe te gaan.”

jaco.nel@rapport.co.za

Meer oor:  Vernon Kruger  |  Wêreldrekord  |  Wynvat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.