Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zastron-boere rol moue op en maak self pad reg

Boere van Zastron in die Vrystaat is hard aan die werskaf om ’n stuk pad in dié distrik te herstel en die groep, bestaande uit 25 boere, het sedert Maandag al 6 km daarvan reggemaak.

Kobus Breytenbach, sameroeper, sê hul pleidooie aan die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer om die S352-pad te herstel, het tot dusver glo op dooie ore geval.

Volgens Breytenbach is 20 km van dié grondpad, wat baie verkeer dra, onbegaanbaar en wil selfs vragmotorbestuurders dit nie meer gebruik nie.

“Daar is geweldige dreineringsprobleme en as dit reën, spoel dit slote, die voertuie kan dit nie meer hou nie. Die pad is net nie meer rybaar nie.”

Hy sê tussendeur boer hulle ook en hoop om dié stuk pad in ’n week te herstel.

Altesaam 25 boere van die Zastron-distrik herstel sedert Maandag ’n gedeelte van die S352-pad.Foto’s: Verskaf
’n Gedeelte van die S352-pad in die Zastron-distrik is onbegaanbaar.
Altesaam 25 boere van die Zastron-distrik het sedert Maandag reeds 6 km van die S352-pad in dié distrik herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.