Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zeerust-ongeluk: Dodetal van kinders styg tot 8

Nog ’n kind is dood ná die gru-ongeluk naby Zeerust in Noordwes wat die naweek die lewe van sewe leerlinge geëis het.

Ses kinders is Saterdag op die ongelukstoneel dood nadat ’n vragmotor wat leerlinge van ’n sokkertoernooi huis toe geneem het teen ’n boom gebots het. Nog ’n kind is later die dag in die hospitaal dood.

Intussen is nog een van die 20 leerlinge wat in die ongeluk naby die Rietpan-nedersetting beseer is, in die Bophelong-hospitaal aan sy beserings dood, het Elias Malindi, onderwyswoordvoerder in Noordwes, Dinsdagoggend in ’n verklaring gesê. Die dodetal staan dus nou op agt.

Die vragmotor het kinders van drie verskillende skole vervoer. Dié leerlinge van die Ratsela Middle School, Mmajane Secondary School en Letlhakane Primary School was op pad huis toe nadat hulle teen mekaar sokker gespeel het.

“Die leerlinge was op pad van die Borakalalo-nedersetting na die Rietpan-nedersetting en het aan sokkerwedstryde deelgeneem wat hul onderskeie afrigters onder mekaar gereël het. Nie die skole of die onderwysdepartement was by die reëlings betrokke nie,” lui ’n verklaring wat Malindi Maandag uitgereik het.

Daar was luidens die verklaring 27 leerlinge in die vragmotor.

Die agtste slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Vier van die oorledenes was leerlinge aan die Letlhakane Primary School. Hulle is Mpho Motsusi (12), Goitseone Marumo (14), Oratile Motswiri (13) en Kgatliso Motswakae (11). Twee was leerlinge aan die Ratsela Middle School. Hulle is Thapelo Sebogo (15) en Otsile Gogontle Sebaeng (14). Die sewende oorledene is Khumo Matshogo (14) van die Mmajane Secondary School.

Mmaphefo Matsemela, LUR van onderwys in die provinsie, het die families en leerlinge wat in die hospitale is, besoek.

’n Gedenkdiens vir die slagoffers word Donderdag by die Letlhakane Primary School gehou.

Die leerlinge en onderwysers van die skole het Maandag berading ontvang.

Soos vroeër berig het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê die bestuurder van die vragmotor is ook in die ongeluk beseer.

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Letlhakane Primary School  |  Elias Malindi  |  Rietpan  |  Zeerust  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.