Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zelda Jongbloed geloof as mentor, kampvegter vir die waarheid

Dinamies. Vertroueling. Joernalistieke moeder en mentor.

Dít is die woorde waarmee Zelda Jongbloed, ’n voormalige adjunkredakteur van Die Burger en Rapport en DA-LP, Vrydag gehuldig is.

Zelda Jongbloed se gedenkdiens-pamflet.

Jongbloed het twee weke gelede haar stryd teen kanker verloor.

Die gedenkdiens, wat op die 26ste vloer van die Media24-gebou gehou is, is bygewoon deur verskeie oudjoernaliste, kollegas, vriende en familie van Jongbloed.

Dr. Llewellyn MacMaster, moderator van die Kaapse sinode van die VGKSA, wat die diens gelei het, het gesê vandag is die waarheid onder druk en nie almal se vriend nie. “Baie wil hê die waarheid moet gekaap word en joernaliste ervaar teenstand en bedreigings, maar Zelda het gewys hoe ons met durf en daad moet voortgaan. Zelda het in ’n tyd in die koerantwese gekom waar sy almal geïnspireer het om die waarheid te verkondig.”

Dr. Ivan Meyer, adjunkvoorsitter van die DA se federale raad en Wes-Kaapse LUR vir finansies, het gesê Jongbloed se berigte was ’n padkaart en ’n skets vir baie mense.

“Sy het bygedra tot die praktiese politiek – die politiek van die mense. Sy het realpolitikbeoefen. Sy was nie, soos dikwels in die politiek, egoïsties nie. Sy het nie fieterjasies gehad nie. Sy kon deur die paradoks van die politiek sien.

“Joernalistiek, politiek en dinamiek sal die gepaste opskrif vir haar wees.”

Mosiuoa Lekota, nasionale leier van Cope, het gesê toe hy die publisiteitsekretaris van die UDF was, kon hy altyd op Jongbloed staatmaak om die boodskap van bevryding deur die koerant oor te dra.

Sy was ’n tawwe leermeester, maar sy het ook vir ons geleer hoe ons stories, ons woorde ’n volk, ’n gemeenskap hoop en bevryding kan gee.

“Sy was ’n betroubare joernalis. Juis op Vrouedag het ek baie aan haar gedink, want sy het ’n groot rol gespeel om die demokrasie in Suid-Afrika gevestig te kry.”

Lynette Francis, aanbieder van Fokus op SABC2 en Praat saam op RSG, het gesê Jongbloed was nie net haar mentor nie, maar ook haar trooster wanneer dinge te veel geraak het.

“Sy was ’n tawwe leermeester, maar sy het ook vir ons geleer hoe ons stories, ons woorde ’n volk, ’n gemeenskap hoop en bevryding kan gee.’’

Sharief Jaffer, voormalige hooffotograaf van Die Burger en Rapport, het gesê: “Sy was vir my soos ’n ma, moederlik en wie my baie geleer het van die joernalistiek. ’n Lieflike mens, die mooiste hart.”

Meer oor:  Zelda Jongbloed  |  Kampvegter  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.