Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zoeloe-koning word steeds beskerm, sê polisie

Dit is nie waar dat die beskerming van Misuzulu Zulu, nuwe koning van die Zoeloes, teruggetrek is nie.

Misuzulu Zulu is aangewys as die nuwe Zoeloe-koning.Foto: Argief

“Koninklike beskerming word deur ’n assessering van bedreigings bepaal en deurlopend hersien,” het brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Hy het gereageer nadat prins Mangosuthu Buthelezi, premier van die Zoeloevolk, vroeër in ’n verklaring gesê het die beskermingseenheid by die KwaKhangela-paleis is onttrek “omdat sy majesteit na bewering nog nie deur die regering aanvaar erken is nie en dus nie op BBP-beskerming geregtig is nie”.

Naidoo sê dit is betreurenswaardig dat dié stelling gemaak is sonder dat die polisie vir bevestiging genader is.

Ná die drama wat uitgebreek het ná Zulu se aanwysing as die volgende heerser, het Buthelezi gesê die gebrek aan sekerheid vir die nuwe koning is kommerwekkend en dit maak hom kwesbaar. Hy het die publiek gevra om te help om die koning se veiligheid te verseker.

Die ANC in KwaZulu-Natal het Buthelezi gemaan om nie verklarings oor sekerheidskwessies uit te reik sonder om dit met die polisie te bevestig nie.

Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris, sê die veiligheidsdienste by die paleis is nie net behou nie, maar ook versterk.

Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris, sê die veiligheidsdienste by die paleis is nie net behou nie, maar ook versterk. Hy sê Bheki Cele, polisieminister, het dit bevestig.

“Die ANC is bekommerd oor die motief van die persoon wat Buthelezi oor die beweerde onttrekking van die beskermingsdienste ingelig het,” sê Ntuli.

Die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, het ook Buthelezi se bewerings verwerp en gesê dit is “ongegrond en misleidend”. Volgens die premier het hy Cele en ander wetstoepassingsowerhede gekontak om vas te stel of die bewerings waar is.

“Alle koninklike paleise word deur die Suid-Afrikaanse polisiediens beskerm en dit sal so voortgaan,” sê Zikalala.

Intussen het prinses Londiwe Zulu aan die SAUK gesê prins Simakade Zulu, seun van die ontslape koning Goodwill Zwelithini, is die regmatige opvolger. Die prinses was glo deel van ’n groep wat Zulu se aanwysing verwerp het.

Volgens haar het senior lede van die koninklike huishouding eenparig saamgestem dat Simkade, wat deur koningin Mantfombi Dlamini Zulu grootgemaak is, die koning is. Hy is egter nie die seun van een van die ses koninklike vroue nie.

Haar aankondiging volg nadat twee hofsake begin is om die aankondiging van die troonopvolger uit te daag.

Meer oor:  Mangosuthu Buthelezi  |  Zoeloe-Koning  |  Polisie  |  Beskerming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.