Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zozibini en Leandie sal volgende Mej. SA help kies
Zozibini Tunzi, huidige Mej. Heelal, en die aktrise en entrepreneur Leandie du Randt wat op die paneel is. Foto: Instagram

Huidige Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, en die Afrikaanse aktrise en sakevrou Leandie du Randt sal vanjaar op die paneel van beoordelaars vir die Mej. SA-kompetisie wees.

Tunzi woon nou permanent in Los Angeles saam met Mej. Amerika, maar is terug op eie bodem om die nuwe wenner te lei.

Sy sê dit voel surrealisties om ’n beoordelaar te wees: “Net ’n jaar gelede was ek nog ’n deelnemer op die verhoog en was verwonderd oor die vroue op die beoordelingspaneel.

“Die lewe van een vrou gaan binnekort heeltemal verander en ek is deel van die paneel wat dit gaan laat gebeur. Ek is senuweeagtig, maar meestal nederig en opgewonde daaroor.”

Wat sal sy in die ideale kandidaat soek? “Ek is meestal op soek na iemand met ’n egtheid en opregtheid oor wie sy is. Ek is nie op soek na perfeksie of morele reinheid nie.

“Iemand wat ’n stem en ’n aura om haar het wat byna almal op hul gemak laat voel wanneer hulle met haar in aanraking kom, want sy sal in die jaar met baie mense skakel.

“Aan die wenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie: Jy gaan die mooiste herinneringe maak en baie lewens aanraak. Moet dit nooit ligtelik of as vanselfsprekend aanvaar nie; dit is ’n seën.

“Daar is soms tye wanneer dinge regtig moeilik gaan word, en as dit gebeur, wil ek hê dat jy moet onthou waarom jy daarmee begin het. Dit sal jou deur die malste dae lei. Maar bowenal, leef in die oomblik en geniet dit ten volle, want die tyd gaan so vinnig verby.”

Du Randt meen Mej. SA is belangrik vir die Afrikaanse gemeenskap en sê sy dink sy sal hulle goed verteenwoordig.

“Dit is al ’n geruime tyd ’n droom van my en ek kan net intuïtief geïnspireer word om ons land trots te maak deur uit my hart te oordeel terwyl ek my gesonde verstand gebruik.

“Ek is al 12 jaar in die vermaaklikheidsbedryf as aktrise en entrepreneur. Dit het my blootgestel aan verskillende soorte mense en sakeomgewings. Deur in die verskillende scenario’s te werk, het ek die vermoë gekry om ware egtheid te herken. Dit is volgens my een van die belangrikste eienskappe wat ’n ware Mej. SA moet hê.

Daar is soms tye wanneer dinge regtig moeilik gaan word, en as dit gebeur, wil ek hê dat jy moet onthou waarom jy daarmee begin het. Dit sal jou deur die malste dae lei. Maar bowenal, leef in die oomblik en geniet dit ten volle, want die tyd gaan so vinnig verby.

“Ek is ’n groot aanhanger van egtheid. Ek is op soek na ’n vrou met passie in haar hart, en die verstand en siel vir dit waarvoor sy staan.

“Ek is op soek na ’n vrou wat ’n kamer verlig met haar inspirerende en outentieke energie, oortuigings en wese. Ek sal ook ’n vrou soek wat krag, warmte en ’n eie verhaal het.

“My belangrikste raad: Daag op as jou beste self en vertrou jou intuïsie.”

Ander lede van die paneel is: Peggy-Sue Khumalo, Anele Mdoda, asook ’n vyfde beoordelaar wie se naam nog aangekondig moet word.

Vanjaar se Mej. Suid-Afrika sal op 24 Oktober om 17:00 op ’n glansgeleentheid in die Table Bay Hotel in Kaapstad se waterfront gekroon word.

Kaartjies om die geleentheid aanlyn te volg kos R99 (BTW uitgesluit). Dit sal ook op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai word.

Die toptien-finaliste is: Shudufhadzo Musida (24, Limpopo), Jordan van der Vyver (25, Wes-Kaap), Aphelele Mbiyo (24, Oos-Kaap), Lebogang Mahlangu (24), Busisiwe Mmotla (27), Chantelle Pretorius (24), Natasha Joubert (23,

almal Gauteng), Thato Mosehle (23, Noordwes), Melissa Nayimuli (24, Oos-Kaap) en Karishma Ramdev (25, KwaZulu-Natal).

Die topdrie-deelnemers sal die land verteenwoordig in die wêreld se drie mees gesogte skoonheidskompetisies: Mej. Wêreld, Mej. Heelal en Mej. Supranasionaal. Dit is die eerste jaar dat die Mej. SA-organisasie ’n verteenwoordiger na Mej. Supranasionaal stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.