Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zozibini Tunzi is Mej. Heelal!

Zozibini Tunzi, Mej. Suid-Afrika, is vroeg Maandagoggend, net ná 05:00 Suid-Afrikaanse tyd, as die nuwe Mej. Heelal gekroon.

Vroue van 90 lande het aan dié kompetisie by die Tyler Perry-ateljee in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia deelgeneem.

Dié gesogte kroon kom egter huis toe!

Die komediant Steve Harvey het Tunzi as die wenner aangekondig.

Mej. Puerto Rico was tweede.

Zozibini word die derde Suid-Afrikaner wat dié kroon wen.

Margaret Gardiner is in 1978 gekroon en Demi-Leigh Nel-Peters in 2017.

Gardiner het Tunzi op Facebook geluk gewens.

Oprah Winfrey het getwiet sy stem absoluut saam met Tunzi se antwoord toe sy deur Harvey gevra is wat die belangrikste ding is wat jong meisies geleer moet word.

Tunzi se antwoord was "leierskap". 

"Dit is iets wat reeds vir ‘n lang tyd in jong meisies en vroue tekort skiet, nie omdat ons nie wil nie, maar oor die etikettering van vroue deur die samelewing."


Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Mej. Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.