Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zuma-aanhanger dagvaar polisie vir R5 m.

’n Aanhanger van oudpres. Jacob Zuma wat in hegtenis geneem is, dagvaar die polisie oor sy “onwettige inhegtenisneming en aanhouding”.

Sizwe Nyambi, ’n lid van die ANC, is Sondag by Parkstasie, in Johannesburg, in hegtenis geneem. Hy het Zuma-T-hemde by hom gehad en was op pad na KwaZulu-Natal om Zuma tydens sy hofverskyning in Pietermaritzburg te ondersteun. Op die T-hemde staan in Zoeloe “Wenzeni uZuma”, wat beteken “Wat het Zuma gedoen?”

Nyambi beweer dat hy deur polisielede van die Johannesburgse sentrale polisiekantoor in hegtenis geneem en van aanhitsing tot openbare geweld aangekla is. Hy is na bewering twee dae lank aangehou en daarna blykbaar vrygelaat sonder om in die hof te verskyn.

Nyambi voer aan die polisielede het hul magte misbruik toe hy in hegtenis geneem en aangehou is.

Hy dagvaar die minister van polisie, die nasionale polisiekommissaris en Gauteng se polisiekommissaris vir R5 miljoen as skadevergoeding vir die emosionele skok, sielkundige trauma, finansiële nood, pyn en lyding wat hy moes deurmaak.

• Die korrupsiesaak teen Zuma en die wapenvervaardiger Thales is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.