Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zuma-album bestaan nie ‘op die oomblik’

Daar bestaan nie “op die oomblik” iets soos ’n musiekalbum deur oudpres. Jacob Zuma nie, het Zandile Gumede, burgemeester van die eThekwini-metro, Dinsdag gesê.

Volgens haar is die regte prosedure nie gevolg toe daar besluit is om ’n album op te neem waarop Zuma struggle-liedjies sing nie. Daarom bestaan die projek nie.

Zandile Gumede, burgemeester van die eThekwini-metro. Foto: Nkosi Sibalukhulu

Gumede sê sy en ander raadslede en amptenare het in die media van die beoogde album te hore gekom.

Thembinkosi Ngcobo, die metro se hoof van parke, ontspanning en kultuur, het luidens berigte besluit tradisionele liedjies moet bewaar word omdat die meeste jong mense dit nie ken nie. Zuma sing gereeld struggle-liedjies en Ngcobo het gesê hy het die album reeds met hom bespreek.

“Die prosedure is nie gevolg nie, en ons sal eers bereid wees om oor die saak te praat nadat ons na behore oor die aangeleentheid ingelig is. Op die oomblik is daar nie so ’n album nie. Ek wil nie hê die vorige president se naam moet deur die modder gesleep word oor iets wat nie bestaan nie. Ek wil dit op rekord stel,” het Gumede Dinsdag op vanjaar se eerste vergadering van die metro se uitvoerende komitee gesê.

Volgens Gumede moes die media eers met haar of die stadsbestuurder gepraat het voordat hulle oor die album berig het. Wat die media ook al skryf, moet van haar of die stadsbestuurder kom en nie van ander mense nie. Berigte oor die album is oral en “dit moet nou ter ruste gelê word”, sê Gumede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.