Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zuma geskok oor brandskade; beloof hulp
Peter Edgar (links) van Knysna Heights verduidelik aan Helen Zille, Wes-Kaapse premier, en pres. Jacob Zuma hoe sy huis afgebrand het. Foto: Eugene Gunning

Hy is geskok oor die brandskade wat hy in Knysna en Plettenbergbaai gesien het, sê pres. Jacob Zuma.

Hy het Donderdag die gebied besoek.

Hy het die versekering gegee dat die regering sover moontlik sal help.

“Die brand het oor ’n groot gebied plaasgevind. Dit is duidelik dat daar baie wind was. Groot skade is aangerig.”

Die regering sal soveel moontlik help en dit is waarom daar van sy kabinetskollegas ook in die gebied is.

Daar is ook LUR’e van die provinsiale regering en burgemeesters van verskillende dorpe teenwoordig. “Al drie die regeringsfere is betrokke om iets te doen. Hulle sal saamwerk om die uitdagings die hoof te bied.”

Pres. Jacob Zuma waai vir omstanders in Knysna. Hy het brandbestryders besoek om hulle vir hul werk te bedank. Foto: Eugene Gunning

Zuma het vroeër die gesamentlike operasionele beheersentrum in Knysna saam met Helen Zille, Wes-Kaapse premier, besoek. Alle aktiwiteite wat met die ramp verband hou, word van dié sentrum af gekoördineer.

Daarná het hy inwoners besoek wie se huise afgebrand het. Hy het onder meer by Knysna Heights aangegaan. Daar het hy met Peter Edgar gesels. Edgar en sy pa, Mike, se huis is geheel en al vernietig.

Zuma wou by Edgar hoor wat gebeur het. Zuma het dit as ’n “verskriklike situasie” beskryf.

Volgens hom moet die Here gedank word dat baie mense oorleef het.

’n Helikopter het Donderdag nog water op ligte brande in die Knysna-omgewing gestort. Foto: Eugene Gunning
Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, gesels met Helen Zille, Wes-Kaapse premier, by die Knysna-munisipaliteit terwyl hulle op pres. Jacob Zuma wag. Foto: Eugene Gunning

Peter het vertel hulle het nie gedink die huis sou aan die brand raak nie. Hulle was tot tien minute voor die brand nog by die huis.

In Plettenbergbaai het Zuma ’n troosdiens vir Bradley Richards bygewoon. Hy was ’n vrywillige brandbestryder en is dood aan wonde wat hy opgedoen het terwyl hy gehelp het om die brande te blus.

Zuma het gesê die ramp het die aandag van die hele Suid-Afrika en selfs die wêreld getrek. Die ramp het gewys wat gedoen kan word as Suid-Afrikaners saamwerk.

Ná die diens het hy na Knysna teruggekeer om die brandbestryders persoonlik te bedank.

* Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, sê die brande het almal verras. ’n Uitgebreide poging is nodig om die skade te hanteer. Die Bitou- en Knysna-munisipaliteit is reeds tot rampgebiede verklaar.

Meer oor:  Helen Zille  |  Jacob Zuma  |  Plettenbergbaai  |  Knysna  |  Brandskade  |  Knysna-Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.