Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zuma het glo nou dogter se skoolgeld betaal

Die agterstallige skoolgeld vir oudpres. Jacob Zuma se dogter is intussen betaal ná ’n verstekbevel van die hof wat teen hom en sy vierde vrou, Nompumelelo Ntuli, gemaak is oor hul skuld aan die skool.

Die dogter is in ’n hoërskool naby Durban.

Dit is volgens Ulrich Roux, Ntuli se prokureur, wat Dinsdag gesê het die bedrag van R12 517 waarvoor Zuma en sy vrou aanspreeklik was, is intussen aan die skool betaal.

“My kliënt het gister bevestig die skoolgeld is ten volle betaal,” het Roux gesê.

Dit volg nadat Rapport die naweek berig het Zuma sukkel om een van sy dogters se skoolgeld aan die betrokke skool te betaal, en daar gevolglik ’n bevel teen hom en sy vervreemde vrou verkry is.

Zuma is ook aanspreeklik vir die regskoste in die saak oor dié skuld, wat al van verlede jaar kom.

Bentley Prokureurs, die regsfirma wat die skool verteenwoordig, wou nie kommentaar lewer nie.

Zuma, wat voorheen beweer het dat hy sy hoede en sokkies moet verkoop om te betaal vir die regskoste om homself te verdedig teen korrupsieaanklagte teen hom, word ook deur regsoptrede deur Anoosh Rooplal in die gesig gestaar.

Rooplal is die likwidateur van die omstrede VBS Mutual Bank wat wil hê Zuma moet ’n lening van R7,3 miljoen wat hy van die bank gekry het, terugbetaal.

Zuma het glo die geld gebruik vir die opstal op Nkandla in KwaZulu-Natal.

Ntuli, wat drie kinders by Zuma het, is in 2015 beveel om die Nkandla-opstal te verlaat nadat daar beweer is dat sy probeer het om Zuma te vergiftig.

Die nasionale vervolgingsgesag het onlangs aangekondig dat hy Ntuli nie in dié saak gaan vervolg nie omdat hy geen bewyse teen haar kon vind nie.

Ntuli is nou in die proses om ’n saak teen die staat te bring omdat sy volgens haar kwaadwillig vervolg is.

“Ons is besig om ’n verslag oor skadevergoeding op te stel,” het Roux gesê.

Meer oor:  Nompumelelo Ntuli  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Skuld  |  Hof  |  Dogter  |  Verstekbevel  |  Skoolgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.