Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zuma land Saterdag: 'Almal moet lughawe toe kom'

Oudpres. Jacob Zuma kom Saterdag in Suid-Afrika aan en almal in die land is welkom om hom op die O.R. Tambo-internasionale lughawe in Kempton Park te gaan verwelkom.

So lui ’n mediaverklaring wat vroeg Vrydagoggend deur die Gautengse Vereniging vir Radikale Ekonomiese Transformasie (RET) en Carl Niehaus op sosiale media gedeel is.

Niehaus, een van Zuma se grootste ondersteuners, werk in die kantoor van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, wat as leiersfiguur van die Zuma-faksie en grootste teenstander van pres. Cyril Ramaphosa in die party beskou word.

“Ons vra dat ondersteuners Saterdagoggend teen 10:00 reeds by die O.R. Tambo-lughawe moet wees. Ons weet natuurlik hoe laat hy land, maar ons mag nie die presiese tyd sê nie omdat dit ’n veiligheidsrisiko is,” het Carl Niehaus by navraag aan Netwerk24 gesê.

Oudpres. Jacob Zuma Foto: Argief, Getty Images

Die RET vra dat “duisende” Suid-Afrikaners Saterdag moet opruk sodat hulle Zuma op die lughawe kan verwelkom.

“Kom ons gee Msholozi (Zuma) ’n dawerende verwelkoming en wys ons afkeur vir die wraaksugtige lasbrief vir sy inhegtenisneming.”

Niehaus sê Zuma sal vanuit Kuba terugkeer nadat hy mediese sorg in dié land ontvang het.

’n Lasbrief vir Zuma se inhegtenisneming is vroeg in Februarie in die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgereik, terwyl Zuma se regspan ook ’n siekbrief by die hof ingedien het oor hoekom hy nie in die hof kan verskyn nie.

Zuma staan tereg op aanklagte van korrupsie wat verband hou met die wapenskandaal van 1999.

Die siekbrief het nie aangedui wat by Zuma gediagnoseer is of watter behandeling hy ontvang nie. Dit lyk ook asof die datum waarop die brief uitgereik is oënskynlik uitgekrap en verander is.

Zuma sal in Mei, wanneer hy weer in die hof verskyn, moet verduidelik waarom hy nie vroeg Februarie in die hof was nie.

Meer oor:  Oudpres. Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.