Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zuma mik-mik na Bafana Bafana

Oudpres. Jacob Zuma het hom skaars by die Twitterati in Suid-Afrika aangesluit of hy twiet reeds ’n hond uit ’n bos uit.

Zuma het ’n video getwiet waar hy saam met jong kinders sokker speel en geskryf dat iemand gerus vir Stuart Baxter, Bafana Bafana-breier, moet laat weet dat hy fiks genoeg is om ’n wedstryd te speel.

Zuma mik-mik voor hy die bal in dié video skop, maar dit trek nie juis ver nie.

Hy het ook tyd om ’n vrou op die veld ’n drukkie te gee.

Die radio-en-TV-persoonlikheid Bonang Matheba skryf dat Zuma gelukkiger lyk.

Xolani Hlengwa, een van Zuma se Twitter-volgelinge, skryf dit lyk asof “ons” Zuma teruggekom het.

Zuma het sosialemediagebruikers die naweek laat glimlag toe ene Duduzane Zuma hom op Twitter verwelkom en hy gevra het wie die persoon is, want sy seun Duduzane is nie op Twitter nie.




Meer oor:  Jacob Zuma  |  Bafana Bafana  |  Twitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.