Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Alison Botha se wrede aanval nou n fliek
’n Ligte oomblik op die rolprentstel waar dr. David Comyn sy eertydse pasiënt Alison Botha (regs) ná 20 jaar weer gesien het. Links is Christia Visser wat die jong Alison in ’n dokumentêre drama oor gebeure 20 jaar geled

Die trane het Maandag gevloei toe Alison Botha en dr. David Comyn mekaar vir die eerste keer in 20 jaar weer gesien het.

Comyn was die narkotiseur in beheer van die hoësorgeenheid in die provinsiale hospitaal Port Elizabeth toe sy destyds daar toegelaat is.

Hulle het op die rolprentstel ontmoet waar ’n dokumentêre drama gemaak word oor Botha se ondervinding en lewe ná ’n wreedaardige aanval en verkragting buite Port Elizabeth.

Botha is op 18 Desember 1994 verkrag, verwurg en meer as 30 keer met ’n mes in die maag gesteek sodat sy haar ingewande met haar hemp moes vashou. Haar aanvallers het ook 16 keer probeer om haar keel af te sny.

Sy het wonderbaarlik oorleef deur na die pad te kruip waar ’n student, Tiaan Eilert, haar gekry en met haar hospitaal toe gejaag het.

Lees ookVerkragter verlei vrou uit tronksel

Alison – A Story of Monsters, Magic and Hope word aanstaande jaar uitgereik.

Haar aanvallers, Theuns Kruger en Frans du Toit, is in 1995 in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis. Du Toit is tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl Kruger ’n lewenslange vonnis opgelê is weens die aanval op Botha, asook 25 jaar weens ’n aanval op ’n swanger vrou.

Die nuus in 2012 dat hulle dalk vir parool in aanmerking sou kom, het aanleiding gegee tot ’n versoekskrif met duisende handtekeninge daarteen.

Die werktitel van die dokumentêre rolprent is Alison – A Story of Monsters, Magic and Hope. Dit word deur Towerkop Creations vervaardig en word aanstaande jaar uitgereik.

Die rol van Alison word deur Christia Visser vertolk. Onderhoude word met die werklike rolspelers in die gebeure gevoer.

■ Lees ’n onderhoud met Alison in eerskomende Saterdag se By.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.