Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Alzheimer-toets dalk binnekort hier

'n Baanbreker-bloedtoets wat Alzheimer se siekte in pasiënte kan identifiseer lank voor hulle dit kry, kan binne twee jaar beskikbaar wees, sê wetenskaplikes.

Sky News berig dat uitslae van die toets, wat glo 90% akkuraat is, onlangs in die joernaal Alzheimer's & Dementia gepubliseer is.

"Alzheimer se siekte tas die brein aan lank voor pasiënte daarmee gediagnoseer word," verduidelik prof. Simon Lovestone, wat die toets by King's College in Londen, Engeland ontwikkel het.

"Baie kliniese proefnemings slaag nie, want teen die tyd wat pasiënte medisyne kry, is die brein reeds aangetas. 'n Eenvoudige bloedtoets kan ons help om pasiënte vroegtydig te identifiseer."

Die hoop is dat dokters medisyne op mense kan toets nog voor hulle met Alzheimer se siekte gediagnoseer word. Dié toetse kan help om die siekte moontlik te vertraag – of selfs heeltemal te keer.

Lees meer ​hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.