Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Amateur-ondersoeker brei uit oor Lotz-foute

KAAPSTAD. – Hy voer aan dat die lykskouingsverslag van dr. Ansie Adendorf in die Inge Lotz-moordsaak foutief was en daarom het hy met studente in forensiese patologie kom gesels sodat hulle nie dieselfde foute herhaal nie.

Thomas Mollett, ’n amateur-ondersoeker, het Woensdagmiddag ’n praatjie by die Universiteit van Kaapstad (UK) se afdeling vir forensiese medisyne vir studente gehou en het die Lotz-saak as voorbeeld gebruik.

Mollett en sy broer, Calvin, was onafhanklike ondersoekers in die Lotz-moordsaak.

Hy is as deel van die afdeling se akademiese program genooi om met studente te kom praat oor wat verkeerd kan gaan met bewysstukke, het dr. Linda Liebenberg, ’n forensiese patoloog wat verbond aan die UK is, verduidelik.

Hy het verskillende foto’s van Lotz se kopwonde gewys en verduidelik hoe Adendorf se metings daarvan foutief was.

Mollett het verduidelik dat Adendorf in haar verslag gesê het dat die lengte van twee kopwonde 30mm was, maar Mollett het op ’n foto aangedui die lengte is eintlik 20mm, wat pas by die beweerde moordwapen se metings.

“Akkurate metings is baie belangrik,” het hy gesê.

Die vermoorde Inge Lotz. Foto: Argief
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.