Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Anton Kannemeyer se R is for respect – maar die kritici dink nie so
Anton Kannemeyer se kunswerk R is for Respect beeld oënskynlik pres. Jacob Zuma se penis uit. Dit word by die Stevenson-galery in Braamfontein, Johannesburg vertoon en het reeds kritiek ontlok. 'n Deel van die foto is visueel aangepas omdat dit
In R is for Rainbow Nation praat oudpres. Nelson Mandela met die voormalige AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, oor die reënboognasie. Foto: Jabulile Pearl Hlanze
G is for Genocide by Sloth beeld oudpres. Thabo Mbeki uit en verwys na sy ontkenning van vigs. Foto: Jabulile Pearl Hlanze
Pres. Jacob Zuma word in K is for King Klepto uitgebeeld. Foto: Jabulile Pearl Hlanze
Die soen tussen Mamphela Ram­phele, voormalige leier van Agang SA, en Helen Zille, oud-DA-leier, word in K is for Kissing uitgebeeld. Foto: Jabulile Pearl Hlanze
E is for the Enemy of Democracy vergelyk soortgelyke stellings oor mediavryheid in Suid-Afrika deur oudpres. PW Botha en pres. Jacob Zuma, Julius Malema, EFF-leier, en dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys. Foto: Jabulile Pearl Hlanze

’n Groot, swart penis. Jesus wat masturbeer. Dáái soen tussen Helen Zille en Mamphela Ramphele.

Dít is van die kunswerke wat by die kunstenaar Anton Kannemeyer se uitstalling, E is for Exhibit, by die Stevenson-galery in Braamfontein, Johannesburg, te sien is.

Die kunswerk R is for Respect beeld ’n swart penis uit. Onderdaan is ’n groep betogers met ’n banier waarop staan: “Respect for the president’s penis now!”.

Dit is ’n verwysing na die kunstenaar Brett Murray se skildery The Spear, wat pres. Jacob Zuma se geslagsdele uitgebeeld het.

’n Ander kunswerk deur Kannemeyer, P is for Pretoria, beeld ’n swart penis bo die Uniegebou uit.

Buti Manamela, adjunkminister in die presidensie, meen R is for Respect is duidelik rassisme wat as kuns aangebied word, berig The Guardian.

“Hopelik voel die kunstenaar goed oor homself. Ek dink nie ons wil ons hiermee ophou terwyl die land belangriker kwessies het nie,” sê Manamela.

Hy meen as Kannemeyer ’n bespotting van die land se leierskap wil maak, is dit sy “voorreg”.

Charl Blignaut, kunsredakteur van City Press, meen ook die kunswerk is rassisties.

“Van al die maniere om pres. Zuma te kritiseer, van al die simbole om te kies, is dít veral problematies, want dit is ’n stylfiguur – die wilde swart penis.

“Dit speel in die hande van ’n pynlike geskiedenis van nie net die eksotiesmaking van die swart manlike liggaam nie, maar ook die vrees van die viriele swart man wat onbewustelik die dryfveer agter soveel apartheidsbeleid, alkohol- en dwelmwetgewing, en separatistiese filosofie was,” het Blignaut aan The Guardian gesê.

Kannemeyer se kuns is ook op Twitter gekritiseer.

Gugulethu Mhlungu, leefstylredakteur by City Press en ’n omroeper by die radiostasie 702, meen Kannemeyer se kuns gaan grootliks oor sy fetisj vir die swart penis.

“Ayanda Mabulu, Anton Kanyemeyer, Dookom.

“Ek is moeg vir manlike kunstenaars en hul stylfigure en geweld as kuns,” het sy getwiet.

Die rubriekskrywer Victor Dlamini meen die term “kuns” moet in Kannemeyer se geval baie losweg gebruik word.

Zama Mvulane, bestuurder in die kantoor van die hoofsweep van die Nasionale Raad van Provinsies, het getwiet: “Anton Kannemeyer se (kunswerk) is... kru dwepery vermom as kuns”.

Kannemeyer kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Hy het wel vroeër aan The Guardian gesê R is for Respect is ’n kunswerk wat The Spear ondersoek.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.