Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Befaamde skrywer André P. Brink sterf op vlug uit Amsterdam
André P. Brink (79), wat Vrydagaand op 'n vlug van Amsterdam na Kaapstad gesterf het. Foto: Argief
Die skrywer André P. Brink (links) ontvang 'n eredoktersgraad van die Katolieke Universiteit van Louvain. Foto: Twitter

Die bekroonde skrywer André. P Brink (79) is Vrydagaand oorlede aan boord van 'n KLM-vlug vanaf Amsterdam na Kaapstad.

Alta Brink, die skrywer se gewese vrou, het bevestig Brink is Vrydagaand oorlede.

"Ek kan net sê die familie is almal baie hartseer," het sy Saterdag aan Netwerk24 gesê.

'n Woordvoerder van KLM het bevestig een van sy passasiers is Vrydagaand oorlede op 'n vlug wat na Kaapstad onderweg was.

Brink het teruggekeer van België, waar 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken is.

■  Lees hier 'n​ samevatting van sy loopbaan.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.