Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende in SA koswêreld sterf in Kaapstad
Faldela Williams Foto: verskaf

KAAPSTAD. – Baie sal haar onthou vir haar waagmoed én haar kos.

Faldela Williams, wat bekendheid verwerf het vir haar Kaap-Maleise kookkuns, is Sondag in die ouderdom van 62 oorlede.

Sy is die afgelope ses maande in en uit die hospitaal vir onder meer nier- en hartprobleme.

“Sy het regtig die pad oopgemaak vir ander Moslem-vroue om [met kookkuns en kookboeke] te begin. Sy het die norme uitgedaag,” het Aneeqah Emeran, ’n ywerige kok en voormalige buurvrou van Wil­liams, gister gesê.

“Sy het soveel mense aangeraak. Sy was die beste kok in die land,” het haar man, Ebrahim Williams, gister gesê. Hulle was 39 jaar getroud.

Een van Williams se bekendste kookboeke is The Cape Malay Cookbook wat in 1988 verskyn het. Sy beskryf in die voorwoord hoe sy as jong meisie in Distrik Ses geleer kook het en hoe sy gehelp het om koeksisters vir haar ma te maak wat hierdie lekkerny heeltyds verkoop het. Sy is later jare dikwels oorsee om dié kookkuns te bemark. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.